Pieter Steyn se eerste enkelsnit Alles is beter is vroeër vanjaar bekendgestel en Maroela Media het met Pieter gesels oor waar sy liefde musiek ontstaan het en wat sy planne vorentoe is.
Alles vir Woensdag 21 Oktober 2015
Agt doodgekap tydens aanval
Agt familielede, insluitend twee babas, is vroeg Woensdagoggend doodgekap in hul huis aan die KwaZulu-Natalse Suidkus.
Resep: Gebakte eierkoppies
As jy weer Ius is om mense vir ’n laat-ontbyt oor te nooi, is hierdie gereg dalk net die ding om voor te sit. Die voorbereiding (sowat 30 minute) kan vooraf gedoen word . Bak die eiers net voor jy dit wil voorsit.
Nuuskommentaar: #ReformSA, #ANCmustfall, #VivaPlanB
Soos in gister se nuuskommentaar voorsien is, het die studente-onrus toe uitgebrei, en met die veldtog teen Afrikaans begin versmelt toe probeer is om Totius se standbeeld op die Puk-kampus in Potchefstroom om te gooi. Intussen vertroebel die ANC-regering se beeld net verder, en lyk Solidariteit se Plan B na ’n al hoe noodsaakliker en aantrekliker opsie.
Lykshuisbestuurder oor rotte geskors
Die bestuurder van die staatslykshuis in Galestraat in Durban, KwaZulu-Natal, wat vir ʼn afgryslike fout verantwoordelik is, is Dinsdag geskors.
Kovsies ook Woensdag gesluit
Die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het besluit om Woensdag al drie sy kampusse te sluit.
Twee tieners verdrink by Ushaka
Twee tieners het Dinsdag ongeveer 15:30 by Ushaka-strand in KwaZulu-Natal verdrink.
Gedagte vir die dag: Doen wat jý moet doen … góéd
God het vir ons elkeen besondere hemelse geskenke gegee. Ons almal het nie dieselfde geestelike geskenke van Hom ontvang nie. God het dit aan ons elkeen uitgedeel soos Hy goedgedink het. (Romeine 12:6, Die Boodskap)