Jevon Snyman (21), die man wat skuldig bevind is vir sy aandeel in die moord op Glenrico Martin, ʼn matriekleerling wat koelbloedig voor sy skool doodgeskiet is, is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis.
Alles vir Donderdag 22 Oktober 2015
Konstabel doodgeskiet toe hy gesin probeer beskerm
ʼn Polisiebeampte van Mpumalanga is Woensdagaand doodgeskiet nadat hy, sy vrou en hul twee kinders buite hul huis oorval is.
Ouers veg verbete om vierjarige te red
ʼn Egpaar van Pretoria is in ʼn wedloop teen tyd gewikkel om vir hul vierjarige seuntjie, wat aan ʼn seldsame siekte ly, ʼn beenmurgskenker te kry.
Boek: Die takkie wat nie wou knak nie
Mika, die mier, het ‘n probleem. Hy roep die hulp van ander dierevriende in, maar daar is ‘n waardevolle les wat hy moet leer…
NWU in strawwe stryd teen UKZN
Die Noordwes-Universiteit se sonkarspan is tans in ʼn nek-aan-nek-stryd gewikkel met dié van die Universiteit van KwaZulu-Natal.
[Video] Witdolfyn terg kinders
ʼn Video van ʼn witdolfyn (beloega) wat twee kinders terg, word soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Man in hof vir Bela-Bela-onnie se mesmoord
ʼn 20-jarige man het Woensdag in die Bela-Bela-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn plaaslike onderwyseres, Lindie Bosch-Jansen (35).
Nuuskommentaar: Klein begroting: Het die bottel nou gebars?
Min. Nhlanhla Nene het ten beste ’n baie nou bandwydte waarbinne hy die ekonomie se golflengte reg ingestel moet kry, maar die ekonomiese eise van ’n reusekabinet met gevolglike reusestaatsdiens, die eise van die opstandige studente, sosialistiese ideale van kollegas – dit knyp die bandwydte waarskynlik toe.
Wat beteken Suid-Afrika se onttrekking aan die Internasionale Strafhof?
Suid-Afrika se voorgenome onttrekking aan die ISH is onvanpas. Die boodskap is dat die beskerming van sommige despote belangriker vir Suid-Afrika is as om internasionale konvensies te eerbiedig.
Luister: Jou kultuurkoerant vir 22 tot 28 Oktober
Charlie Smidt van die FAK gesels weekliks oor wat in jou kontrei op die kultuurfront gebeur.
Resep: Kaneelrolletjies met roomkaasversiersel
Hierdie resep lewer ongeveer 10 kaneelrolletjies met roomkaasversiersel.
Limpopo-broers in vroeë oggendure doodgeskiet
Twee broers van Modimolle in Limpopo is Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn huisrooftog doodgeskiet.
Boek: Die verdwyning van Billy Katz
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier gemummifiseerde linkervoete in ’n Checkers-sak in ’n openbare tuin gevind word. Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met ’n saak wat hy twintig jaar gelede ondersoek het – die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter.
Zuma stem in om met studenteleiers te vergader
Pres. Jacob Zuma sal Vrydag met studenteleiers en die bestuurspanne van die onderskeie universiteite vergader om die dooiepunt wat in die onderhandelinge oor studiefooie bereik is, te bespreek.
Studente nie van hoogverraad aangekla
Die Valke het Donderdag gesê die studente wat tydens gister se chaos by die parlement in hegtenis geneem is, sal nie soos berig van hoogverraad aangekla word nie.
Betogings by UV gaan voort ondanks interdik
Studentebetogings by die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus het Donderdagoggend voortgegaan ondanks ʼn hofinterdik wat Woensdag bekom is.
Rina Venter – Afrikanervrou in murg en been
In die Afrikaner se geskiedenis is daar baie vroue wat ʼn groot indruk gemaak het en wat die Afrikaner-vrou vergestalt: sterk vroue wat leiding neem en nie bang is om hul sê te sê nie.
Regering gee bykomende R13 miljard vir maatskaplike bystand
Die regering gaan oor die volgende drie jaar ʼn bykomende R13 miljard vir welsyntoelaes beskikbaar stel.
Resensie: “Stop wag bly nog ʼn bietjie”- Brendan Peyper
Dit gebeur selde dat ʼn splinternuwe kunstenaar die publiek met net een liedjie kan oorrompel, maar dit is presies wat Brendan Peyper reggekry het.
‘Moordenaar’ vasgetrek toe hy vriend se hofverskyning bywoon
ʼn Man is Woensdag in die openbare galery van ʼn KwaZulu-Natalse hof in hegtenis geneem toe hy die hofverskyning van sy vermeende medepligtige bygewoon het.