Die All Blacks is deur na die eindstryd van die Wêreldbeker nadat hulle Suid-Afrika Saterdag naelskraap 20-18 op Twickenham geklop het.
Lees meerAlles vir Saterdag 24 Oktober 2015
Stewige rekening vir ma wat op vliegtuig geboorte skenk
ʼn Taiwanese vrou kan ʼn stewige rekening te wagte wees nadat sy op ʼn vliegtuig, wat van Taiwan na Los Angeles onderweg was, geboorte geskenk het.
Pretoria in blou getooi vir VN-herdenking
Die Verenigde Nasies (VN) in Suid-Afrika het Saterdag aan ʼn wêreldwye veldtog deelgeneem om VN-dag en die 70ste herdenking van die organisasie te vier.
Altesaam 1626 verdagtes vas tydens Vrystaat-klopjagte
Die Vrystaatse polisie het Vrydag gesê 1 626 mense is in die provinsie in hegtenis geneem op verskeie aanklagte wat insluit moord, verkragting, roof, aanranding en dwelmbesit.
Polisiedossiere oor anti-apartheidsaktivis se dood bekendgemaak
Timol is op 27 Oktober 1971 in polisieaanhouding by die destyds berugte John Vorster Plein polisiestasie dood. Alhoewel polisieverklarings beweer het hy het selfmoord gepleeg, het bewyse later aan die lig gekom wat getoon het Timol is erg deur polisiebeamptes gemartel en is in polisie-aanhouding dood.
Motoris ploeg deur huis se heining
ʼn Vrou is beseer nadat sy vroeg Saterdagoggend in Vanderbijlpark met haar motor deur ʼn huis se omheining geploeg en teen ʼn ander motor tot stilstand gekom het.
DA bring regstappe ná beweerde aanranding deur ANC-lede
Die DA sal regstappe neem nadat sommige van sy lede glo Vrydag deur ANC-ondersteuners aangerand en besteel is terwyl hulle besig was om voor te berei vir die veldtog van die Tshwane-burgemeesterskandidaat, Solly Msimanga.
Byna R2 miljoen se dwelms in motor gevind
Byna R2 miljoen se dwelms is Saterdagoggend in die vroeë oggendure onder die sitplek van ʼn voertuig in Gugulethu buite Kaapstad gevind.
Lyke van Britse toeriste spoel by Plettenbergbaai uit
Twee Britse toeriste het vermoedelik Vrydag by Plettenbergbaai in die Wes-Kaap verdrink.
Werker deur 8 gewapende mans op kleinhoewe oorval
ʼn Werker op ʼn kleinhoewe in Cullinan moes Vrydag tydens ʼn gewapende roof luister hoe sy aanvallers bespreek hoe hulle hom gaan doodmaak en sy lyk in ʼn dam gooi.
Boek: Imperiale somer: Suid-Afrika tussen Oorlog en Unie, 1902 – 1910
Die boek gee ’n voëlvlugoorsig van die vier Suid-Afrikaanse kolonies gedurende die Eduardiaanse tydperk van 1902–1910. Dié tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele Imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sou eindig.
Elf beseer in ontploffing by fabriek
Elf mense is Vrydag beseer in ʼn ontploffing by ʼn fabriek in Polokwane.
14 buitelanders vas wat glo onwettig myn
Veertien buitelanders is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle glo onwettig gemyn het by Welkom in die Vrystaat.
120 beseer toe trein se remme faal
Ongeveer 120 treinpassasiers is Vrydagaand in Johannesburg beseer, waarvan sommige ernstig, toe ʼn trein se remme nie ʼn gewerk het nie.
Gedagte vir die dag: Sien vandag met jou hárt
Sê vir die volk van Israel: “Kyk, julle Koning kom na julle toe. Hy is saggeaard en Hy ry op ’n donkie, ja, op die vul van ’n pakdier.” (Matteus 21:5)