Selfs kritici van Barbie-poppe gee volpunte vir ʼn nuwe twee minuut lange advertensie vir dié langbeenpop.
Lees meerAlles vir Maandag 26 Oktober 2015
Meer as 11 000 vlugtelinge kom in Duitsland aan
Meer as 11 000 vlugteling het die afgelope naweek in die suide van Duitsland in Beiere aangekom, het die federale Duitse polisie Maandag gesê.
Poskantoor in finansiële verknorsing
Werknemers by die Suid-Afrikaanse Poskantoor het nog slegs ‘n gedeelte van hul salarisse ontvang.
MTN moet miljarde opdok in Nigerië
Die Nigeriese Kommunikasiekommissie het ʼn boete van US$5.2 miljard aan MTN in Nigerië uitgereik.
Studentebetogings: Só se Wits
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Maandag ʼn negepunt-plan bekendgestel om studente se besware aan te spreek ná twee weke van betogings oor studentegeldeverhogings.
ToekomsVenster: Die Woord woon onder ons
God wil nou al vir jou ‘n God wees en vir jou leer om sy kind te wees. God wil dus hê dat jy nou al iets van die hemel sal leer ken en ervaar.
Oom Max, ons probeer diskriminasie oorleef!
As tweedejaarstudent is ek werklik teleurgesteld in u poging om weereens Afrikaners oor die vingers te probeer tik. In ʼn artikel wat slegs die uitdaging wat die ANC met studente in die gesig staar kan en behoort te ondersoek, vind u dit nodig om oudergewoonte anti-Afrikanersentiment in die resep te gooi.
WAT Woord van die week: sieal
Die WAT Woord van die week is die ongewone “sieal”
Groot aardbewing in Afganistan eis tientalle
Die noorde van Afganistan is Maandag geskud deur ’n swaar aardbewing met ’n sterkte van 7,5
[Foto’s] Vliegtuig doen noodlanding by O.R. Tambo
Die Suid-Afrikaanse lughawensmaatskappy (Acsa) het bevestig dat ʼn vliegtuig van British Airways Maandag ʼn noodlanding by die O.R. Tambo-lughawe moes doen.
Plaasaanval-verdagte in hospitaal gevind
ʼn Man wat daarvan verdink word dat hy by ʼn plaasaanval betrokke was, is onder polisiebewaking in ʼn hospitaal in Port Elizabeth.
Man stabiel ná Stilbaai-haaiaanval, vriend vertel wat hy gesien het
Stuart Anderson, die 42-jarige branderplankryer wat Sondagmiddag deur ʼn haai aangeval is by Stilbaai in die Wes-Kaap, is in ʼn stabiele toestand.
Video: Cordelia se splinternuwe musiekvideo nou te sien op Maroela Media
Hierdie kompetisie is gesluit: Cordelia het Maandag eksklusief haar jongste musiekvideo van die liedjie “Eerste woorde” op Maroela Media bekendgestel.
Hermanus-man vas oor perlemoen
ʼn 53-jarige man van Hermanus is Maandagoggend in hegtenis geneem nadat perlemoen ter waarde van R1,2 miljoen in sy besit gevind is.
Nkandla presidensiële lyfwag vermoor
ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na ʼn groep verdagtes wat ʼn lyfwag, wat by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning gevestig was, Sondag in die vroeë oggendure doodgeskiet het nadat hulle sy rondawel aan die brand gesteek het.
UP skort klasse op
Prof. Cheryl de la Rey, rektor en visekanselier van die Universiteit van Pretoria (UP), het studente Maandag toegespreek, kort nadat akademiese aktiwiteite opgeskort is te midde van betogings op die universiteit se Hatfield-kampus.
Vrye, nie gratis universiteite die oplossing
Daar was die naweek verskeie berigte waarin gevra is waarom Afrikanerstudente nie grootskaals deelgeneem het aan die universiteitsopstande nie. Ander kommentators het tereg daarop gewys dat die opstande oor meer gaan as net studiegeld, en gewonder hoekom jong Afrikaners nie die kans aangryp om teen die onbevoegde leiers en die stand van die land te betoog nie?
Talle operasies gekanselleer weens tekort aan linne
ʼn Tekort aan skoon teaterlinne het glo daartoe gelei dat 154 operasies by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg vanjaar gekanselleer moes word.
Jonges hou ‘begrafnis’ ná vriend nuwe meisie kry
ʼn Groep van ongeveer 50 jong seuns van Rhondda in Wallis het vir hulle vriend Keiran Cable (20) ʼn “begrafnis” gereël nadat dié ʼn nuwe meisie gekry het.
TUT gesluit weens betogings
Die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) het aangekondig dat alle aktiwiteite op al sy kampusse opgeskort is weens betogings.