Wetenskaplikes meen dat ’n stuk ruimterommel wat na verwagting op 13 November in die see naby Sri Lanka gaan val, moontlik die oorblyfsels kan wees van ’n stuk van die Apollo-ruimteprogram van die 1960’s en vroeë 1970’s.
Alles vir Dinsdag 27 Oktober 2015
UWK wéér gesluit; betogers dra glo balaklawas en het koevoete
Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) sal tot verdere kennisgewing gesluit wees, het die instansie Maandag aangekondig.
Resep: Minipizzas
Wenk: Sit voor saam met ’n mengelslaai of bevries die afgekoelde pizzas vir kospakkies later die week.
Uitdrukking: Oor koeitjies en kalfies praat
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking, “Oor koeitjies en kalfies praat”
Limpopo-studente maak amok
Studente aan die Universiteit van Limpopo se Turfloop-kampus het Maandagaand op ʼn verwoestingstog gegaan oor studieskuld.
Brug stort ineen: Voorlopige verslag verwag
Die departement van arbeid sal na verwagting Woensdag sy voorlopige verslag oor die ineenstorting van ʼn brug oor die M1 tussen Sandton en Wynberg in Gauteng vrystel.
Parlement bespreek transformasie in universiteite
Lede van die parlement sal Dinsdagmiddag transformasie in die land se hoëronderwysinstellings bespreek.
Afganistan-aardbewing: Dodetal styg skerp
Die dodetal het skerp gestyg ná ʼn aardbewing Maandag die noorde van Afganistan en Pakistan geruk het.
Gedagte vir die dag: Hoe leër, hoe sagter
Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus, en God het sy genade ryklik aan elkeen gegee. (Handelinge 4:33)