Ikea het 10 kinders se prentjiekarakters in werklikheid verander toe dit omskep is in regte sagte speelgoed.
Lees meerAlles vir Donderdag 29 Oktober 2015
Ouma se brief aan Kovsie-studente
“My liewe studentevriende by Kovsies, my hart is stukkend omdat ‘n tragedie homself gaan afspeel op Kovsies…” Só skryf ouma Marietjie Raath.
Kuierplek permanent gesluit ná sterftes tydens stormloop
Die Wes-Kaapse dranklisensiëringstribunaal het Donderdag Osi’s Place, ʼn kuierplek in Khayelitsha, permanent gesluit ná ʼn stormloop in Junie die lewe van verskeie jong meisies geëis het.
Departement waarsku oor droogte; waterbeperkings ingestel
Die departement van water en sanitasie het sy kommer uitgespreek oor die droë seisoen wat Suid-Afrika tans beleef.
Petrolbomme op NWU-kampus
ʼn Groot aantal petrol en ʼn groot aantal petrolbomme is op die Mahikeng-kampus van die Noord-wes-Universiteit gevind, het visekanselier prof. Dan Kgwadi Donderdag gesê.
‘Kinderslagter-pa’ in die hof
Lesiba Kekana (36), die pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy sy vier seuns se kele afgesny het, het Donderdag in die hof verskyn.
[Video] Kovsies gaan standbeelde verwyder
Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Jonathan Jansen, het ingestem om ‘n proses van stapel te stuur om die standbeelde van oudpresidente MT Steyn en CR Swart van die Kovsie-kampus te verwyder.
Polisie soek dié man oor Limpopo-plaasmoord
Die polisie in Limpopo is dringend op soek na ’n man wat hulle glo hulle kan bystaan met hul ondersoek na die moord van Johan Oelofse wat Sondag op ’n kleinhoewe buite Louis Trichardt doodgeskiet is.
ToekomsVenster: Jesus leef om God se koninkryk te dien
Dit tweede kenmerk van God se verteenwoordigers of dissipels, is dat hulle nie hulle eie belange soek nie, maar die belang van die Een wat hulle gestuur het.
Vrou by werkplek doodgeskiet: ‘Sy was altyd versigtig vir hom’
“Hy het daarna uitgestap na twee ander vrouens in die kantoor en vir hulle gesê hy is lief vir hulle, maar as hulle nie ook vandag doodgeskiet wil word nie, moet hulle hardloop.”
Britse-pensionaris in SA aangekeer ná hy glo met kinders lol
ʼn 69-jarige Britse burger, wat in sy land tereg staan op verskeie aanklagte van seksuele misdrywe met minderjariges, het Donderdag in die Randburg-landroshof verskyn waar ʼn aansoek gebring is om hom uit te lewer.
kykNET kondig nuwe sepie aan
kykNET het Donderdag aangekondig watter sepie in April volgende jaar in Villa Rosa se plek vertoon sal word.
Goeie nuus: Dowe swemmer red drie van verdrinking
“Dis asof hy nie besef wat hy gedoen het nie. Hy is so nederig en wil nie erkenning of aandag kry hiervoor nie,” het Michael Swartz se ma gesê.
‘Kapers’ vas ná moord op polisieman
Die inhegtenisname van twee vermeende kapers het die Kaapstadse polisie Woensdagaand gelei tot die persone wat moontlik verantwoordelik was vir die skietdood van ʼn beampte Dinsdagaand by ʼn laerskool in die stad.
Droogte knou wildboerdery
Die droogte in noordelike provinsies van die land het ʼn dramatiese effek op wildboerdery. WAARSKUWING: Die foto in die berig kan sensitiewe kykers ontstel.
[Video] ‘Wat beurs vir my beteken’
Aansoeke vir eNuus en Akademia se studiebeurse vir 2016 sluit Vrydag. Een van die vorige beurswenners het aan eNuus verduidelik wat die beurs wat vir haar beteken.
Adam en Daniel Baron se kortspeler hier
ʼn Mens kan ook hoor hoedat Adam en Daniel Baron se onderskeie musiekstyle bymekaarkom en ʼn klank voortbring wat terselfdertyd herkenbaar en vars is.
Luister: Jou kultuurkoerant vir 29 Oktober tot 4 November
Word ’n vriend van die FAK en ontvang ’n gratis Beeskraal-CD, ’n DVD oor Namibië asook die jongste boek van die FAK. SMS jou naam, FAK en Beeskraal na 45730.
Man wat renoster wou stroop kry tronkstraf
ʼn Man van Louis Trichardt is Woensdag in die plaaslike streekhof gevonnis nadat hy en ʼn medepligtige betrap is toe hulle op pad was om ʼn renoster te stroop.
Vyf sterf in ambulansrit
Die Vrystaatse polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag en bewerings van moontlike alkoholgebruik nadat ʼn staatsambulans en ʼn staatslykswa Sondag in die vroeë oggendure naby Viljoenskroon gebots en die lewe van vyf mense geëis het.