Hoe lank kan ’n ekonomie ’n “demand”-kultuur bly dra? Want iemand moet die rekening daarvoor betaal, skryf Herman Toerien.
Alles vir Vrydag 30 Oktober 2015
Twee beseer toe hulle uit bewegende trein val
Twee mans, in hul 50’s, het Donderdagmiddag ernstige beserings opgedoen toe hulle naby die Langlaagte-stasie, in die suide van Johannesburg, uit ʼn bewegende trein geval het.
Drie vas oor Luckhoff-diefstal
Drie mans, tussen 21 en 34 jaar oud, verskyn Vrydag in die Fauresmith-landdroshof in die Vrystaat in verband met voorvalle van diefstal vandeesmaand in Luckhoff.
[Video] Helpende Hand bring die vreugde van gehoor terug
Veertig bejaardes se lewens is drasties verander danksy Solidariteit Helpende Hand se Bejaardes-projek. Die bejaardes is almal hardhorend en moet gehoorapparate kry. Die eerste groep van 15 het hulle apparate gekry.
Verdagtes steeds soek ná kluis opgeblaas is
Die polisie in Clarens in die Vrystaat het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur nadat ʼn instapkluis by die Gladstone-kantoor in Golden Gate op 5 Februarie vanjaar opgeblaas is.
Waarom die verdraagsaamheid teenoor wetteloosheid?
Die afgelope twee weke se eskapades op Suid-Afrikaanse kampusse het almal aan die gons. Sommige mense het geen argument of mening oor die gebeure nie; sommiges bly apaties stil en kyk toe in die hoop dat dit net nóg ʼn tipiese Suid-Afrikaanse betoging is wat sal oorwaai; ander raak kwaad en voel verontwaardig, terwyl nog ’n groep aktief daaraan deelneem of dit nou by die Uniegebou of op sosiale media is.
Kinderverkragter gevonnis vir onopgeloste sake uit 2013
ʼn 21-jarige man is uiteindelik gevonnis in twee sake van kinderverkragting wat nie in 2013 opgelos is nie, danksy knap speurwerk deur die polisie.
Politici se geskenke, aandele verklaar
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het sy persoonlike rykdom van meer as R110 miljoen verklaar, het die Register van Ledebelange Donderdag gewys.
Twee sit lank oor agt familielede se moord
Twee mans is in die Pietermaritzburg-hooggeregshof in KwaZulu-Natal gevonnis vir die moord op agt mense.
Gedagte vir die dag: Elkeen verdien ’n staanplek
Julle oordeel volgens die uiterlike; Ek oordeel oor niemand nie. (Johannes 8:15)