ʼn 23-jarige vlieënier is Saterdag dood ná ʼn ligte vliegtuig by ʼn lughawe in Port Elizabeth neergestort het.
Lees meerAlles vir Saterdag 7 November 2015
Gewapende roof by Centurion-winkelsentrum
Gewapende rowers het Saterdagmiddag toegeslaan op ʼn juwelierswarewinkel by die Mall@Reds in Centurion, Gauteng.
Dubbele standaarde en swart bevoorregting: Die nuwe storie van Suid-Afrika
Ek glo dat die onderwerp van “witheid” ʼn misplaaste onderwerp is. Ek glo dat ʼn oplossing vir die sogenaamde probleem van “witheid” min sal doen om Suid-Afrika vorentoe te laat beweeg, aangesien witmense nie te blameer is vir Suid-Afrika se hedendaagse krisis nie.
Fietsryer op N4 aangeval
Deon van der Berg, aanbieder van die Huweliks- en Lewensverrykingseminare, is Saterdagoggend op sy fiets op die N4 buite Pretoria deur twee onbekende mans aangeval.
Vrou en baba sterf in N4-ongeluk
ʼn Vrou, vermoedelik in haar laat 20’s, en ʼn sewe maande oue baba is Saterdagoggend oorlede in ʼn ongeluk naby die Doornpoort-plaza op die N4 buite Pretoria.
[Video] Kersfeesadvertensie laat jou verlang
Dit is die verhaal van ʼn jong meisie, Lily, wat deur ʼn teleskoop na die maan kyk. Een aand sien sy vir die eerste keer ʼn man op die maan raak! Die advertensie is binne twee dae reeds byna 6 miljoen keer op YouTube gekyk.
60-jarige vrou vas oor dwelms
ʼn 60-jarige vrou van Phoenix in Durban het Vrydag in die hof verskyn op aanklag van die besit van dwelmmiddels met ʼn straatwaarde van nagenoeg R400 000.
Agoa sal ‘oukei’ wees, sê Davies
Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Vrydag gesê die Amerikaanse handelsverteenwoordiger het hom verseker dat die dreigende opskorting van Suid-Afrika uit Agoa-voordele opgehef sal word sodra ʼn ooreenkoms op uitstaande sake bereik word.
Skietery by Kaapstad-winkelsentrum
Een man is Vrydag dood en twee beseer tydens ʼn skietvoorval by ʼn winkelsentrum in Ottery in Kaapstad.
Twee skuldig aan Sithole-moord
Twee van die vier mans wat tereg gestaan het op aanklag van die moord op die Mosambieker Emmanuel Josias Sithole, is skuldig bevind.
Vrystaat-pa en seun vas oor dagga-laboratorium
ʼn Pa en seun is Vrydag in Riebeeckstad buite Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat ʼn hidroponiese dagga-laboratorium op hul eiendom ontdek is.
Gedagte vir die dag: Hanteer jou verlies korrek
Julle sal bedroef word, maar julle droefheid sal in blydskap verander. Net so is julle ook nou bedroef, maar as Ek julle weer sien, sal julle harte vol blydskap wees. (Johannes 16:20, 22)