Bella Burton (11) kon weens ʼn seldsame genetiese toestand nie sonder krukke loop nie, totdat sy ʼn baie spesiale Deense hond ontmoet het. ‘n Video van die twee is binne twee dae reeds byna 24 miljoen keer gekyk.
Lees meerAlles vir Sondag 8 November 2015
Zuma moet R4 miljard-vliegtuig skrap, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het Sondag president Jacob Zuma gemaan om sy planne, om ʼn nuwe BBP-vliegtuig van R4 miljard aan te skaf, te kanselleer.
Vliegtuig tref huis in Midrand
Verskeie nooddienste het Sondag omstreeks 12:15 reageer waar ʼn ligte vliegtuig in ʼn huis in Midrand vasgevlieg het.
Ramaphosa versoek groter samewerking met Iran
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaanse en Iranse ondernemings versoek om geleenthede vir vennootskappe te ondersoek en om te bou op die band tussen die twee lande.
Een vas ná gewapende roof by Centurion-sentrum
Een persoon is in hegtenis geneem ná ʼn gewapende roof Saterdag by die Mall@Reds in Centurion.
[Foto’s] John Lennon-kitaar vir R33.9 miljoen verkoop
ʼn Akoestiese kitaar wat John Lennon gebruik het om “Love me do”, “I want to hold your hand” en ander treffers te skryf en op te neem, is vir $2.4 miljoen op ʼn veiling verkoop.
Noodlanding op Richardsbaai-strand
ʼn Ligte vliegtuig het Saterdag ʼn suksesvolle noodlanding op die strand by Richardsbaai uitgevoer nadat die skroef afgeval het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Supermark-rowers nog op vrye voet
Ses gewapende mans wat Donderdagaand op die Pick n Pay by Montana Crossing in Pretoria toegeslaan het, is nog op vrye voet.
Alberton-ongeluk eis 3
Drie persone is Saterdagaand in ʼn trompop botsing op die R59 in Alberton, Gauteng, oorlede.
Ma, pa verdrink naby Zimbali
ʼn Ma en pa is Saterdag dood en hul dogters word in die hospitaal behandel ná ʼn verdrinkingsvoorval op die strand naby Zimbali-noordhek in KwaZulu-Natal.
Boek: Die Bybel – met Grassroots-oordenkings deur Angus Buchan
Lesers kan nou saam met Angus deur die Bybel stap. Dié Stiltetydbybel bevat ’n Bybelleesplan vir een jaar, teksverse vir spesifieke behoeftes en ’n lys Bybelse beloftes wat hulle sal help om God se beginsels vir die lewe te ervaar.
Gedagte vir die dag: Laat God toe om jou lief te hê
Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. (Romeine 8:38-39)