Klaus Iohannis, president van Roemenië, het Sondagaand ʼn beroep op betogers gedoen om hul ondersteuning te gee ten einde hervorming in die land teweeg te bring.
Alles vir Maandag 9 November 2015
MTN-hoof bedank
Sifiso Dabengwa, MTN se uitvoerende hoof, het bedank kort nadat die maatskappy ʼn multi-miljardrandse boete in Nigerië opgelê is.
Nuuskommentaar: As twakpratery ’n siekte was, was Zuma lankal dood
Pres. Jacob Zuma is bekend vir sy wilde uitsprake wat vir hom en die land groot skade berokken … én dat hy niks in die proses leer nie. Die naweek het hy weer sy voet vierkant daarin gesit, maar anders as net ontstellend of lagwekkend, dra die jongste wilde perde ook die kieme van groot gevaar.
Boek: Hoop vir ʼn tyd soos hierdie
In “Hoop vir ʼn tyd soos hierdie” gee Braam die bemoediging dat Christene die voorreg het om te weet dat God hulle deur hierdie uitdaging sal dra en hulle help om ’n verskil te maak.
141 in hof ná UJ-betogings
Minstens 141 mense – onder wie personeel en studente – wat gedurende die betogings by die Universiteit van Johannesburg (UJ) in hegtenis geneem is, sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
Sentrum-rowers nog soek
Niemand is al in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende roof wat Donderdagaand by die Montana Crossing-sentrum in die noorde van Pretoria plaasgevind het nie.
Resep: Feestelike slaai
Genoeg vir 10 mense
Zuma gekap oor ‘ANC kom eerste’
“Dit is ’n belediging vir elke Suid-Afrikaner, ʼn skending van die eed van sy kantoor en kan nie onbetwis gelaat word nie.”
Man sterf in trokbotsing
Die bestuurder van ʼn swaarvoertuig is Maandag in ʼn ongeluk op die N3-snelweg naby Hammersadel in KwaZulu-Natal dood.
Oom Herrie se kerrie: Die FM’pie
Vanslewe het ’n Vrystaatse boer ’n plaaswerker gehad wat so ’n voorslag met die weervoorspelling was. Soggens vroeg al wou die boer by die werker weet wat die weer gaan doen.
Hoe help ons ʼn kind wat sukkel met wiskunde?
Maar hoe help ons ʼn kind wat sukkel met wiskunde? Die enigste manier is om vas te stel wat die oorsaak of oorsake van die probleem is.
Slang pik agtjarige
ʼn Agtjarige meisie is Saterdag in Northdale, Pietermaritzburg, vermoedelik deur ʼn nagadder gepik.
Skors SAL-voorsitter, sê DA
Die Demokratiese Alliansie doen ʼn beroep op Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, om Dudu Myeni, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), met onmiddellike effek te skors.
Jacob Zuma laat die aap uit die mou
Tydens die onlangse ANC-hoofraadsvergadering het pres. Zuma ʼn reeks omstrede en belangrike opmerkings gemaak. Dié opmerkings werp lig op die ANC se denkraamwerk en vooruitsigte vir mense in SA se pad vorentoe.
Hupstoot vir elektrisiteit in Mpumalanga
Eskom het ʼn nuwe transformator by die Acornhoek-substasie in Bosbokrand geïnstalleer as deel van sy planne om die elektrisiteitsinfrastruktuur op te gradeer en kragtoevoer in die noorde van Mpumalanga ʼn hupstoot te gee.
Gedagte vir die dag: God is daar wanneer jy swaarkry
Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het. (Psalm 13:2, 6)