Die grootbaas van Wêreldrugby (WR) wil hê dat Japan saam met Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië en Argentinië aan die Rugbykamioenskap moet deelneem, berig ESPN Scrum.
Lees meerAlles vir Dinsdag 10 November 2015
[Foto’s] Die huis brand! Wat gryp jy?
Fotograaf Foster Huntington het op ʼn dag gewonder wat hy sou inpak indien sy huis besig was om af te brand. Hy het ʼn paar items afgeneem en sy vriende gevra om dieselfde te doen.
Boekhouer in Kaapstad-hof oor bedrog
Charlene Kannemeyer (34) wat glo nagenoeg R1 miljoen van haar werkgewer gesteel het, nadat sy van ontvangsdame na boekhouer bevorder is, het Dinsdag in die hof verskyn.
Borgtog vir man wat glo vrou opgeblaas het
ʼn Voormalige kolonel in die Suid-Afrikaanse Lugmag wat sy vrou na bewering met ʼn handgranaat opgeblaas het, is Dinsdag in die Durbanse hooggeregshof vrygelaat op borgtog.
Gedeeltes van Gauteng sonder water
Die Ekurhuleni-metropolitaanse munisipaliteit in Gauteng het inwoners en ondernemings versoek om spaarsamig water te gebruik, aangesien Germiston nie meer water het nie.
Man sterf ná amputasie
ʼn Man is Dinsdagmiddag dood in ʼn ongeluk op die R501, ongeveer 20 km buite Potchefstroom in Noordwes.
ToekomsVenster: Gee jou volle aandag aan God
Dit is presies wat nodig is. Nie sommer terloopse aandag so nou en dan nie. Gee jou volle aandag aan dit waarmee God nou besig is
NW-man vas ná gru-moord op ouers, susterskind
ʼn Man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo sy ouers en susterskind vermoor het en ʼn dag later saam met die liggame in sy ouers se huis aangetref is.
Laurinda Hofmeyr terug met ‘Wat ek wou sê’
Laurinda is bekend vir haar toonsetting van gedigte en haar splinternuwe album, Wat ek wou sê, is ook ʼn versameling van gedigte wat sy verwerk het.
[Video] Spaarsleutel vir ʼn noodgeval
Maak ʼn noodspaarsleutel uit die deksel van ʼn houertjie blikkieskos!
Vermiste man se onthoofde lyk gevind
Terwyl speurders die afgelope naweek die vriend ondervra het, het die vriend erken dat hy weet waar Khan se liggaam is.
Man vas oor bomdreigement aan ANC-hoofkantoor
ʼn 41-jarige man is in hegtenis geneem in verband met ʼn bomdreigement in September vanjaar wat daartoe gelei het dat die ANC se hoofkantoor, Luthuli-huis, ontruim moes word.
Ekonomiese oorsig: Geldskepping bly geen waarborg vir ekonomiese groeiresultate
“Money, money, money makes the world go round.” Ons almal ken waarskynlik hierdie liedjie. Dit lyk asof dit ook die filososfie is wat deesdae in ekonomiese en finansiёle beleid wêreldwyd gevolg word.
Nederlanders verkies ook om eerder self te doen
Solidariteit se “Plan B”, ʼn private inisiatief om ʼn lewensvatbare kulturele en sosiaal-ekonomiese ruimte vir Afrikaners en ander Afrikaanssprekendes te skep, het nogal ʼn klomp stof opgeskop.
Meisie (12) ‘kan presies onthou’ hoe ma doodgeskiet word
“Sy het vir my en haar ouma presies vertel wat gebeur het.”
Departement oor Zuma se nuwe vliegtuig: ‘Ons sal niks onverantwoordelik doen nie’
“Mense sit nie op die vliegtuig en niks doen nie. Hulle werk sodat hulle voorbereid is wanneer hulle by hul bestemming aankom.”
Oos-Kaapse ‘meteoriet’ dalk deel van sterrereën
Die ontploffing in die atmosfeer wat oor die Oos-Kaap waargeneem en gehoor is, is waarskynlik ’n meteoor van die Taurus sterrereën wat veral in die noordelike halfrond sigbaar is. ’n Soektog na ’n meteoriet wat dalk die oppervlak bereik het is op tou gesit.
Wenner van Ingrid Jonker-prys praat oor inspirasie
“Dit het baie gegaan daaroor om te bewys dat jy lewe op die Cape Flats kan vasvang in die taal waarin dit gelewe word en dat dit steeds iets mooi kan wees. Om te bewys dat Kaaps ʼn ryk taal is en dat arm lewens ryk subject matter is.
Polisievrou kritiek ná skietery op hoofweg
ʼn Vroulike polisiebeampte is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat verdagtes in ʼn wit BMW op ʼn polisievoertuig op ʼn Johannesburgse hoofweg losgebrand het.
Nuuskommentaar: Tegelyk ongelyk en gelyk
Net soos die Zuma-administrasie nou deur die AGOA-debakel leer Suid-Afrika is in die praktyk nie die VSA se gelyke nie, gaan die #FeesMustFall-bittereinders wat wetteloosheid nou so inspan, op die ou einde leer hulle is nie die owerheid se gelyke nie.