ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat sy motor vroeg Dinsdagoggend in Kaapstad aan die brand gesteek is terwyl hy in die motor was.
Alles vir Dinsdag 10 November 2015
Uitdrukking: Die swaard van Damokles
Ken jy die uitdrukking “die swaard van Damokles” wanneer mens verwys na ‘n dreigende gevaar? Lees Taaltoffie vir die verhaal wat tot dié uitdrukking gelei het.
Spesiale fliekkanaal op kykNET vir die somervakansie
kykNET sal van die gewildste rolprente wat oor die jare in Afrikaans vervaardig is, vertoon op sy fliekNET-kanaal (DStv-kanaal 198) van 1 Desember 2015 tot 31 Januarie 2016.
Twee dood ná inbraak by Pta-meenthuis
“Hulle het ʼn vrou en haar seun in die eenheid aangehou en geld geëis.”
Verlamde man erg geskend ná selfmoordpoging
ʼn Parapleeg van die Groblersdal-omgewing in Mpumalanga het Maandagaand probeer selfmoord pleeg deur onder meer sy maag met ʼn mes oop te kloof en sy privaatdele af te sny.
Panayiotou sê hy sal enkelband dra
Christopher Panayiotou, wat beskuldig word van die huurmoord op sy vrou, Jayde, se regsverteenwoordigers gaan glo opnuut probeer om hom op borgtog vrygelaat te kry.
Resep: Vrugtefondue
Hierdie is nie net ‘n heerlike resep vir die somer nie, maar dit is ook ’n maklike en vinnige nagereg om aan jou vriende te bedien.
Luister: Jong sjef het die wêreld aan sy voete my sy besonderse kookboeke
Josh Thirion is dalk net ʼn 13-jarige seun van Belville in die Kaap, maar hy het reeds twee internasionale pryse ontvang vir sy resepteboeke. Josh was in Oktobermaand in Duitsland en vroeër vanjaar in Sjina, waar hy vereer is vir sy uitsonderlike kookboeke.
Steve Hofmeyr keer terug met country-album
Nadat hy in die verlede hoofsaaklik sukses met Afrikaanse en Engelse pop- en rockmusiek behaal het, keer Steve Hofmeyr terug na ʼn genre wat hy laas in 2008 met sy Kris Kristoffersen- huldeblykalbum, Help Me Make it through the Night, gesing het, naamlik country.
Wie’s jou pa: Fyntrap, DNS-troefkaart verklap verneukers
Afrikaners hou daarvan om hul familie uit te lê. Maar hoeveel waarheid steek daarin? Twee broers het presies dieselfde ouers, maar verskil tog wesenlik van mekaar?
Vervoerdepartement bestee glo miljoene aan geskorste werkers
Die departement van vervoer en sy onderskeie entiteite het glo oor die afgelope drie jaar nagenoeg R24 miljoen bestee aan salarisse vir geskorste werknemers.
Vrou (25) vas na sy glo kêrel vermoor
ʼn 25-jarige vrou van Bloemfontein is in hegtenis geneem in verband met die moord op haar 23-jarige kêrel.
Kobra byt man in kombuis
ʼn Man is Maandagaand op ʼn wildreservaat aan die KwaZulu-Natalse noordkus deur ʼn kobra gepik.
Gedagte vir die dag: As versoekings aan jou deur klop
Geen versoeking wat meer is as wat ’n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan. (1 Korintiërs 10:13)