Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, het Maandag die uitslag van ʼn ondersoek oor die ineenstorting van die Majuba-kragstasie se steenkoolsilo in Mpumalanga wat tot grootskaalse beurtkrag gelei het, bekend gemaak.
Lees meerAlles vir Maandag 16 November 2015
Babas omgeruil: Só sê regters
Drie regters het Maandag in die Pretoriase hooggeregshof uitspraak gelewer oor die lot van twee kleuters wat tydens geboorte in ʼn hospitaal omgeruil is.
Verhoging vir huishulpe
Die departement van arbeid het Maandag ʼn verhoging vir huishulpe aangekondig wat van Desember in werking tree.
UWK skep ‘gevaarlike presedent’ met kniebuiging
Die Vryheidsfront Plus het Maandag die besluit van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), om die eksamens vir 2015 te kanselleer, skerp veroordeel.
Video: Regstellendeaksie-saak vandeesweek aangehoor
ʼn Regstellendeaksie-hofsaak wat moontlik die toepassing van regstellende aksie ten opsigte van minderheidsgroepe in Suid-Afrika vir altyd kan verander, word Woensdag in die hof aangehoor.
ToekomsVenster: Om Jesus te volg vra ‘n kruis
In hierdie gedeelte spel Jesus self uit wat dit inhou om een van sy dissipels of leerlinge te wees. In vers 27 sê Hy: “Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.”
Ons bly maar tjoepstil
Die uittog van die OP Kings se beste swart spelers na die Bulls (en moontlik ook ander unies en franchise’e) sal soos manna uit die hemel wees om hul kwota-kaste te vul, maar dit bly ʼn skandevlek op die rugbybase van die Baai, die SA Rugbyunie en trek ook sommer die sportministerie daarby in
Een uit 100 000 vir kankerpasiënte
Die liedjieskrywer en sanger, Ruan Wepener, het saam met die fotograaf Deon van Wyk, die musiekvervaardiger Marius Brouwer en die Burley Boys, ʼn liedjie genaamd “Een uit ‘n 100 000” bekendgestel om bewustheid vir die nie-regeringsorganisasie, The Sunflower Fund, te bevorder.
Waarskuwing vir hewige donderstorms uitgereik
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vir Maandagmiddag ʼn waarskuwing uitgereik vir hewige donderstorms in vier van die land se provinsies met ʼn voorspelling van stormsterkte wind en hael.
Afrikaans op US bly (vir eers)
Die uitvoerende komitee van die Universiteit Stellenbosch (US) se raad het Sondag tydens ʼn buitengewone vergadering ʼn mosie aanvaar waarvolgens enige moontlike toekomstige veranderinge aan die taalbeleid volgens statutêre voorskrifte moet geskied.
Jong man kort voor troudag op Pta-kleinhoewe doodgeskiet
ʼn Familie wat besig was om troureëlings te finaliseer moet nou begrafnisreëlings tref nadat Gavin Wolfswinkel (32) Sondagaand op ʼn kleinhoewe in die Boschkop-omgewing, oos van Pretoria, koelbloedig vermoor is.
Nuwe vrystellings: 16 November 2016
Jak de Priester, Joshua na die reën, Hemelbesem en Riaan Grobler het nuwe liedjies.
Gay-besluit vandag bespreek
Die NG Kerk het bevestig dat daar vandag vergader sal word oor die appèl wat aangeteken is teen die besluit oor gays wat op die algemene sinode geneem is.
Maroela Media Top 20: 16 November 2015
Vandeesweek is daar agt snitte wat styg, ses wat daal, vyf wat hul posisies behou en een nuweling. Jannie en Corlea behou hul eerste plek, maar hulle is onder groot druk van die titelsnit van Cordelia se nuwe album, Breek die stilte, wat na die tweede plek opskuif.
[Video] Dis nou wat mens dans noem!
ʼn Ouer paartjie van Italië het weereens bewys dat ouderdom net ʼn getal is en dat mens nooit te oud is om die lewe te geniet nie.
Parys-slagting: Frankryk val IS aan; dié man gesoek
Frankryk het verskeie lugaanvalle geloods op opleidingskampe in Sirië wat deur die Islamitiese Staat (IS) beheer word.
Val 130m van berg: Geloof het my gered
Jeanelle Greyling se lewe is drie jaar gelede onherroeplik verander ná sy 130m ver in die Drakensberge geval het tydens ʼn kuier op die plaas Glass Nevin. Sy vertel hoe sy gewroeg het met aanvaarding en hoe haar geloof getoets is en uiteindelik haar redding was.
Jong vrou vertel van Parys-aanvalle: ‘Ek het in vreemdelinge se bloed gelê’
Isobel Bowdery, wat aan die Universiteit van Kaapstad studeer het, het in ʼn Facebook-inskrywing vertel sy het Vrydagaand gedink haar lewe is verby.
Twaalf leuens oor Afrikaans
Die bekende Afrikaanse skrywer Chris Barnard het gesê: “As Engels die oorhand (in Suid-Afrika) kry, is dit meer as net Afrikaans wat in die slag gaan bly. Tien inheemse tale gaan verdwyn. Die enigste uitheemse taal (Engels) gaan bly en al elf dele van die koek kry, miskien ‘n hoflike windjie breek en verder stap Afrika in.”
Hopeful Hearts bring nuwe hoop
ʼn Nuwe inisiatief word tans op die been gebring wat ʼn ekstra inkomste vir gesinne met gestremde kinders kan genereer.