Twee mans, wat op ʼn kleinhoewe in die Boschkop-gebied oos van Pretoria gewoon het, is Sondagaand koelbloedig deur drie verdagtes vermoor.
Alles vir Maandag 16 November 2015
Resep: Pannekoek gevul met sjokolade, groenvye en neute
Die eerste pannekoek sal vassit – dis net die pan wat in die skou-bui kom!
Man gevonnis ná hy en meisie ma vermoor
Kyle Maspero was net 18 jaar oud toe hy ʼn tou om Rosemary Theron (39) se nek gesit en haar verwurg het.
Nagligte maak opslae as rockgroep in Suid-Afrika
Hierdie kompetisie is gesluit: Maroela Media het vyf dubbelkaartjies om weg te gee vir die CD-bekendstelling van Nagligte. Lesers wat graag die bekendstelling wil bywoon op Woensdag 25 November om 20:00 by Weiveld in Zwavelpoort by die Bronberg-landgoed, Pretoria kan net die vraag beantwoord: Wat is die titel van Nagligte se album?
Myner sterf in grondstorting
ʼn Werker van Harmony Gold se Masimong-myn, naby Welkom in die Vrystaat, is Sondag by die myn dood.
Nuuskommentaar: Maties – Wat van bietjie meer waarheid en waardigheid?
Al hoe meer beskuldigings dat die rektor van die US nie oop kaarte speel om by sy veronderstellings en taalplanne uit te kom nie, vertroebel…
Drie jong mans sterf ná bakkie by krans afstort
Drie jong mans, almal in hul vroeë 20s, is dood nadat die bakkie waarin hulle gery het, Sondag omstreeks middernag by ʼn krans naby Heroldsbaai in die Wes-Kaap afgestort het.
WAT Woord van die week: sestand
Het ‘n boer al ooit vir jou gesê een van sy vee is “sestand” oud? Taaltoffie stel ondersoek in.
Man sterf ná 94.7-fietsren
Die organiseerders van die Momentum 94.7-fietsren het bekend gemaak ʼn man het gesterf nadat hy die fietsren Sondag voltooi het.
Oom Herrie se kerrie: Hou links!
Oom Herrie lees van die Amerikaanse vrou wat haar toets vir ʼn rybewys gedop het deur in die toetsterrein se gebou vas te jaag. Sy het glo die rem en petrolpedaal verwar. Slaait mistykie.
Luister: Amor Vittone is terug met ʼn album wat ʼn hoofstuk uit haar eie lewe is
Ná vyf jaar is Amor Vittone terug met ʼn splinternuwe album waar sy vir die eerste keer, soos sy dit stel, haar hand op papier gesit en seker gemaak het haar eie stem kom deur in die musiek wat sy sing.
Zuma versoek gesamentlike optrede teen terrorisme
Pres. Jacob Zuma het gesê gesamentlike internasionale optrede teen alle vorms van terrorisme is noodsaaklik, maar dat dit ook van kritieke belang is om werk te maak van die oorsake daarvan.
Waterbeperkings vir Ekurhuleni
Die Ekurhuleni-metropolitaanse munisipaliteit in Gauteng het waterbeperkings ingestel met aansienlike boetes vir nie-nakoming.
Steeds nie duidelik of SA’ners in Parys-aanvalle sterf nie
Dit is nog nie bekend of enige Suid-Afrikaners in Vrydag se terroristeaanvalle in Parys gesterf het nie.
Gedagte vir die dag: Vuurproef
Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos. Ek het jou by jou naam geroep. Jy behoort aan My. Wanneer jy deur vuur van verdrukking stap, sal jy nie verbrand nie. Die vlamme sal jou nie verteer nie. Want Ek is die HERE jou God, jou Redder. (Jesaja 43:1-3, NLV)