Indien jy in een van Suid-Afrika se tien duurste voorstede wil bly, gaan jy minstens R10 miljoen moet opdok vir ʼn huis.
Lees meerAlles vir Dinsdag 17 November 2015
Man spring na sy dood by Bloukransbrug
ʼn 36-jarige man, glo van Oos-Londen, het Dinsdag na sy dood gespring by die Bloukransbrug op die N2 naby Stormsrivier op die grens tussen die Wes-Kaap en die Oos-Kaap.
Staking by parlement opgeskort
Nehawu en die wetgewer se bestuur het Dinsdag bevestig die staking deur personeel by die parlement is opgeskort.
Sê jou sê oor US-taalbeleid
Verskeie oudstudente aan die Universiteit van Stellenbosch (US) het vandag, in samewerking met die vakbond Solidariteit, ʼn referendum oor die voorgestelde wysiging aan die US se taalbeleid van stapel gestuur.
[Video’s] Wit Maties-studente afgejak; probeer standbeeld skoonmaak
Wit studente van die Universiteit Stellenbosch het Dinsdag gepoog om die standbeeld van JH Marais skoon te maak nadat ʼn band by die standbeeld aan die brand gesteek is.
[Foto’s] Bokke, skape beseer in ongeluk
Drie mense en talle bokke en skape is Dinsdag beseer toe ʼn vragmotor op die M7 naby die N2 in ʼn suidelike rigting in KwaZulu-Natal omgeslaan het.
ToekomsVenster: Laat u Naam geheilig word
Om te sterf aan jouself beteken dus onder meer dat jy moet sterf aan jou begeerte om self ‘n ‘godjie’ te wees wat net vir jouself leef en na jouself omsien, en dat jy weer sal begin leef as God se verteenwoordiger.
Swede stel weer grensbeheer in
As vlugtelinge gevra word waarheen hulle op pad is, is die antwoord meestal Duitsland of Swede.
Spur sê oor gerugte van kinderontvoerings
Gerugte doen weer die rondte op SMS’e en sosiale media dat kinders by speelareas van Spur-restaurante ontvoer word. Die restaurantgroep het mense weer gerusgestel dat dié ‘waarskuwing’ net bog is.
Griekse aardbewing eis lewens
Na berig word is minstens twee mense dood na ’n aardbewing van 6,1 en verskeie naskokke in die see by Griekeland voorgekom het.
Nuuskommentaar: Terreur: Is ons reeds verslaan en verslaaf?
Met die oë van die wêreld op die IS-aanvalle in Parys is dit ook nodig om te besin of die voortslepende studentegeweld in Suid-Afrika nie…
Matriekvraestel lek uit
Die departement van basiese onderwys het bekend gemaak dat ʼn matriekvraestel in Limpopo uitgelek het.
Man vas ná hy glo mense met handgranaat dreig
ʼn 52-jarige man van Noordwes is Maandag in hegtenis geneem nadat ʼn handgranaat en ʼn gedeelte van ʼn mortier in sy besit gevind is.
Help behoeftiges met ou broodknippies
Die herwinningsmaatskappy Polystyrene Packaging Council (PSPC) vat weer vanjaar hande met die jaarlikse Nasionale maand vir bewustheid oor gestremdhede tussen 3 November en 3 Desember om deur middel van ʼn herwinningsprojek rolstoele vir behoeftige mense aan te skaf.
Waarom moet die US Afrikaans red?
Wat het presies Sondagaand tydens die noodvergadering van die Uitvoerende Komitee van die Stellenbosse Universiteitsraad gebeur? Dié vergadering is gehou nadat die rektor, prof. Wim de Villiers,ʼn nuwe taalbeleid bekend gemaak het waarvolgens Engels die primêre onderrig- en kommunikasietaal aan die US word, met Afrikaans in ʼn ondergeskikte posisie.
In diepte: Die IS-tydbom tik
Die grusame werklikheid dat terroriste van die Islamitiese Staat (IS) ʼn soortgelyke slagting, soos die naweek in Parys, hier in Suid-Afrika kan ontketen, is ʼn ontstellende werklikheid, skryf De Wet Potgieter.
Aktrise wakker só leeslus by kinders aan
Die aktrise en skrywer, Milan Murray, het so pas ʼn nuwe kinderboek vrygestel wat fokus op kinders tussen 6 en 9 jaar. Pieter Kokkewieter en die HART op sy mou is die eerste van ʼn hele reeks.
Bipolêr: Die swart hond met die bont kolle
Die swart gat van depressie trek my die dieptes in en ek spiraal na onder teen ʼn verbysterende spoed. Die pad afwaarts bring ʼn angstige verlies aan positiwiteit; ek het energie vir niks – iewers het die lus om te lewe in die gespin verdwyn.
[Foto’s] Werkers en studente betoog by Maties
Werkers en studente het Dinsdag asblikke en ander voorwerpe aan die brand gesteek tydens ʼn betoging by die Universiteit Stellenbosch (US).
Resep: Soetsuur sous
Voeg 2-5 ml elk gekapte of gekneusde knoffel, brandrissie en gerasperde vars gemmer by die sous vir ʼn Oosterse geur.