RSG Kunstefees word tans vir die derde keer regstreeks aangebied.
Alles vir Dinsdag 17 November 2015
Russiese vliegongeluk was ‘terreuraanval’
Die Russiese vliegtuig wat in Egipte neergestort het, was die gevolg van ʼn terreuraanval, het Rusland se Federale Staatsveiligheidsdiens (FSB) bekend gemaak.
Rower in mislukte Pta-huisroof doodgeskiet, egpaar gewond
ʼn Inwoner van Lyttelton in Centurion het Maandagaand sy gesin teen vier aanvallers tydens ʼn gepoogde huisroof beskerm, maar is kritiek gewond in die voorval.
Parys-aanvalle 2015 daag Europa uit
Albert Camus, die skrywer uit sondeurdrenkte Frans-Algerië, skryf oor die pes wat sluimer onder alle mense. Tot dit een dag weer sy rotte wakker maak en uitstuur om in die gelukkige stad te sterf.
Blindheid knip nie dié jong radioaktrise se vlerke nie
Om gestrem te wees hoef nie jou lewensgehalte te verswak of jou lewe in te perk nie. Só sê Lise-Mari van Wyk, ʼn siggestremde graad 9-leerder van die Pionierskool vir Siggestremdes in Worcester.
Die Rubicon, sê Max
Ek sal hierdie stryd leierloos en sonder ondersteuning aanpak as ek moet. Ek sal nie opgee of ingee nie, en as ek misluk sal ek Hendrik Biebouw se woorde aanhaal, en weer probeer: “Ik wil niet loopen, ’k ben een Africaander al slaat die landrost mijn dood, of al setten hij mij in den tronk. Ik sal, nog wil niet swijgen.”
Boek: Dik vir dieet
Moontlik is jy of iemand naby aan jou nou weliswaar net ’n skadu van julle voormalige self ná ’n suksesvolle blitsdieet, maar die vrae oor langtermyngesondheid knaag steeds. Dít en kwessies soos volhoubaarheid, beskostigbaarheid en die impak op ons planeet …
[Foto’s] Krejcir se luukse eiendomme onder die hamer
Radovan Krejcir se luukse multimiljoenrandse eiendomme gaan opgeveil word.
[Foto’s] Eerste groot reën bring ook skade
Die broodnodige reën wat Maandag in Gauteng en ander provinsies geval het, het ook erge hael- en waterskade in sekere gebiede tot gevolg gehad.
‘Hou op met antibiotika vir verkoue’
“Die toename in weerstand teen antibiotika is ’n internasionale gesondheidskrisis, en regerings erken dit nou as een van die grootste uitdagings vir openbare gesondheid.”
Luister: Adam en Daniel Baron span saam op nuwe kortspeler
As jy hou van goeie wysies, eenvoudige lirieke en harmonieë is die nuwe kortspeler van die musiekgroep Adam en Daniel Baron net die album vir jou. Esté Meyer Jansen het telefonies met Hugo van Adam gesels om ’n bietjie meer oor dié kortspeler se musiek te wete te kom.
Reklamebord val op bakkie
ʼn Man het wonderbaarlik aan die dood ontkom nadat ʼn groot reklamebord op sy bakkie geval het.
Dept. loof US oor ‘nuwe taalbeleid’
Die departement van hoër onderwys het die besluit deur die Universiteit Stellenbosch (US) om “toe te laat” dat onderrig in “Engels plaasvind” as ʼn “progressiewe stap” bestempel.
Moord op Limpopo-wildboer: Verdagte in hof
Een van die ses verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Piet Venter (51), die wildboer van die Rooiberg-omgewing, het Maandag in die hof verskyn.
NG Kerk konsekwent of geloofwaardig
Ek sou graag wou weet watter stappe gedoen kan word wanneer ʼn voorsitter ʼn vergadering laat stem oor ʼn saak nadat daar ʼn week lank daaroor in die gange gekoukus is, maar die uitkoms is reeds lank vooraf bepaal. Daar is gekoukus want die meeste afgevaardigdes het die besluit as ʼn verrassing beleef! Is dit nie ʼn klug nie?
Gedagte vir die dag: God se teenwoordigheid in die vuur
Koning Nebukadnesar was verstom. Hy het opgespring en vir sy raadgewers gevra: “Was dit nie drie mans wat ons vasgebind het en in die vuur gegooi het nie?” “Ja, beslis, U Majesteit,” het hulle vir hom gesê. Hy sê toe vir hulle: “Ek sien dan vier mans in die oond rondloop. Hulle is nie vasgebind nie. Hulle makeer niks. Die vierde een lyk soos ’n bo-aardse wese.” (Daniël 3:24-25, NLV)