Lego het spesiale pantoffels ontwerp vir ouers wat al een keer te veel op hul kinders se Lego-blokkies getrap het.
Lees meerAlles vir Woensdag 18 November 2015
Valke gaan appelleer teen opheffing van KZN-hoof se skorsing
Die Valke het aangekondig hy gaan appelleer nadat die skorsing van sy KwaZulu-Natalse hoof, genl.maj. Johan Booysen, in die Durbanse hooggeregshof opgehef is.
Crime Line-hoof kry werk by CSI
Yusuf Abramjee, hoof van Crime Line en nuushoof van Primedia Broadcasting, het aangekondig dat hy die mediamaatskappy einde Desember verlaat.
SAUK se uitvoerende hoof geskors
Die SAUK het Woensdag aangekondig dat hy sy uitvoerende hoof geskors het.
Ondersoek gevra oor marteling-bewerings by Pta-tronk
Die organisasie Regslui vir Menseregte (LHR) het ʼn ondersoek gevra na bewerings van erge aanranding en marteling by die Kgosi Mampuru II-korrektiewe sentrum in Pretoria.
‘DKD se regstellendeaksieplan moet nietig verklaar word’
Die vakbond Solidariteit het vandag die konstitusionele hof in Johannesburg versoek om die departement van korrektiewe dienste (DKD) se regstellende aksieplan nietig te verklaar.
ToekomsVenster: Laat u koninkryk kom
Dit is om te aanvaar Hy het vir jou gawes en vermoëns gegee waarmee jy diensbaar kan wees in sy koninkryk, om Hom te verteenwoordig en te verheerlik.
Kleinfontein-paartjie in hof oor babalykie in vlak graf
Die paartjie wat in hegtenis geneem is nadat die lykie van ʼn baba in ʼn vlak graf in die woonwapark-gebied van die Kleinfontein-gemeenskap, oos van Pretoria, gevind is, se name is bekend gemaak nadat hulle in die hof verskyn het.
Bakkie stort oor afgrond in see: drie se name bekend
Die liggaam van een van die drie vriende wat die naweek dood is nadat die bakkie waarin hulle gery het, oor ’n afgrond in die see gestort het naby Heroldsbaai in die Wes-Kaap, is steeds soek.
Kuberkrakers het ISIS in die visier
ʼn Groep kuberkrakers wat hulself “Anonymous” noem, is besig met ʼn kuberkraakveldtog teen die terroristeorganisasie, ISIS, ná Vrydagaand se aanval in Parys.
Sokkerwedstryd gekanselleer weens ‘terreurbedreiging’
ʼn Sokkerwedstryd tussen Nederland en Duitsland in Hannover is Dinsdagaand gekanselleer kort voordat dit sou begin.
[Video] Lag te lekker vir dié poplap
ʼn Kleuter wat gou haar slegte bui laat staan toe sy sien iemand neem haar af, laat kykers skater.
Woord van die jaar is… nie ʼn woord nie
Oxford Dictionaries het sopas hul “Woord van die jaar” vir 2015 aangekondig, en dit is nie ʼn woord nie.
Klein skoonheid wil mense help
Dié jong meisie wat van Kempton Park afkomstig is, gesels passievol oor haar kroning en dié projek.
[Foto’s] Vrou sterf ná bus by steilte afrol
ʼn Vrou in haar 30s is dood en 17 mense is beseer, nadat ʼn bus Woensdag teen ʼn steilte naby Tzaneen in Limpopo afgerol het.
Joost bring hulde aan Jonah Lomu
In 1995 het Joost van der Westhuizen gesê die voormalige Nieu-Seelandse vleuel, Jonah Lomu, het hom uitgedaag om sy beste spel te lewer.
Gedig: Ode aan die deur
“By die ingang, uitgang, sygang – oraloor, by die voorkant in, sydelings of agter uit, as toegang tot al die ruimtes van gang: die deur.” Lees Louis Esterhuizen se gedig, “Ode aan die deur”
Parys-aanvalle: Vrou sterf tydens klopjag in ontploffing
ʼn Vrou het haarself glo Woensdag in ʼn noordelike voorstad van Parys in Frankryk opgeblaas waar die Franse polisie besig is met klopjagte in hul soektog na die moontlike meesterbrein agter Vrydagaand se terreuraanvalle in dié stad.
EFF-LP uitgegooi oor ‘wit seun’-uitlating
Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, is uit die Nasionale Vergadering gegooi nadat hy geweier het om sy uitlating terug te trek.
Roudiens vir vermoorde man kort voor troudatum
Niemand is nog in verband met die moord op Gavin Wolfswinkel (32), van die Boschkop-omgewing, oos van Pretoria, en sy kollega in hegtenis geneem nie.