“Kersvader” gaan beslis vanjaar verskeie briefies kry van kinders wat vra vir tabletrekenaars, selfone en ander toestelle vir Kersfees. Of jou kind iets tegnologies onder die boom gaan kry of nie, onthou dat tegnologie ’n onvermydelike deel van die lewe is.
Alles vir Donderdag 19 November 2015
[Foto’s] WhatsApp-groep help boere om groep boewe aan te keer
Etlike boere in die Schweizer-Reneke-gebied in Noordwes het Woensdag saamgestaan en die lewe vir ses verdagtes bitter moeilik gemaak en dit alles te danke aan ʼn WhatsApp-groep wat ʼn 20-jarige boer twee jaar gelede begin het.
Jy kan jou kind met disleksie help
Die historiese siening dat disleksie ongeneeslik is, bestaan byvoorbeeld bloot omdat verkeerdelik geglo is dat die brein onveranderlik is. Destyds is geglo as iets verkeerd is met iemand se brein, niks gedoen kan word om dit reg te maak nie.
Luister: Jou kultuurkoerant vir 23 tot 30 November 2015
Charlie Smidt van die FAK gesels weekliks oor wat in jou kontrei op die kultuurfront gebeur.
Hawelose man skep self werk deur slaggate te vul
ʼn Vrou se foto op Facebook van ʼn hawe- en werklose man van Hartbeespoort in Noordwes wat op sy eie slaggate vul, kan moontlik daartoe lei dat ander werklose mense in die omgewing geholpe word.
Luister: Steve gesels oor nuwe country album
“Country is die meer sentimentele genre en ek dink ons is baie sentimentele en nostalgiese mense.”
Van Skoolbank tot Bordeelbed: Skrywer vertel
Die boek, ‘Van Skoolbank tot Bordeelbed’, vertel die ware verhaal van Elanie Kruger, wat as ʼn 16-jarige Bloemfonteinse meisie in ʼn bordeel beland het.
Skouspelagtige Kersvertoning saam met Capital Singers ‘400
As jy van koormusiek hou, is Capital Singers ‘400 beslis die groep om dop te hou. Met Kersfees op die drumpel is dié groep besig om aan twee skouspelagtige vertonings te werk vir onderskeidelik Saterdag 5 Desember (19:00) en Sondag 6 Desember (12:00) by die NG Kerk, Universiteitsoord.
Klipskilderye verfraai die strand op Gansbaai
Ken Parris, ʼn Kaapse ingenieur, het opspraak gewek op sosiale media ná foto’s van sy klipskilderye wyd versprei is. Ken, wat ʼn vakansiehuis op Gansbaai besit, speel graag met akrielverf vir ontspanning wanneer hy vakansie hou.
[Foto’s] Talle polisiebeamptes vas by grenspos
Die Valke in Noordwes het 18 polisiebeamptes en twee werknemers van die departement van binnelandse sake in hegtenis geneem.
Luister: Roché pak gospelmusiek ʼn bietjie anders aan
Esté Meyer Jansen het met Roché oor sy album Anders gesels en gaan hoor hoe sy musiek verskil van gewone gospelmusiek.
Ystervarkjagters gestraf
Vier mans is in die Bultfontein-landdroshof in die Vrystaat skuldig bevind en gevonnis nadat hulle onlangs drie ystervarke met ʼn hond gejag en doodgemaak het.
Boek: Voordat daar skole was
Het jy al ooit gewonder hoe die wêreld was voordat daar skole bestaan het? Wat het mense van hulle wêreld geleer? Het hulle gesê dat die engeltjies piepie as dit reën? Het hulle geweet van mense soos Napoleon en Paul Kruger? Was kinders regtig veilig teen ʼn onvoorbereide toets? ʼn Skreeusnaakse boek vir kinders wat verwag dat dinge beter moes wees voordat daar skole was.
Tuinier weer rowers af
Drie “berugte” gewapende rowers het hul rieme styf geloop danksy die flinke optrede van ʼn tuinier.
[Foto’s] Twee verkool ná trokke bots
Twee mense is dood nadat twee vragmotors Donderdagoggend 20 km buite Bloemfontein gebots en aan die brand geslaan het.
Malibongwe-padwoede: Beskuldigde vra ontslag
Die regsverteenwoordiger van die man wat daarvan beskuldig word dat hy Douglas Pearce (39) tydens ʼn beweerde padwoedevoorval doodgeskiet het, het versoek dat die saak teen sy kliënt laat vaar word.
Resep: Kapokaartappel-balletjie gevul met kaas
Kyk gerus die video vir die metode. Dis so maklik, jy sal gou sit en smul aan dié lekkerny!
Nuuskommentaar: Nuwe gevegsreëls vir Afrikaans?
Teen die agtergrond van ʼn veranderende omgewing vind moontlik die laaste loopgraafstryd van Afrikaans by universiteite nou plaas met nuwe spelreëls wat die uitkoms van die stryd sterk kan beïnvloed.
Sperdatum vir belastingopgawes om die draai
Hierdie Saterdag is die laaste Saterdag wat belastingbetalers hul opgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) kan indien.
Moordverdagte vas wat glo by polisie steel
ʼn Man, wat gesoek word in verband met ʼn reeks misdade insluitend moord en kaping, is in hegtenis geneem nadat hy die polisie reeds sedert Julie ontduik het.