China het beloof om die Islamitiese Staat (IS) voor stok te bring ná berigte dat die groep twee gyselaars tereggestel het.
Alles vir Maandag 23 November 2015
‘R24 miljoen vir luukse voertuie, R0 vir droogtehulp’
Die regering in Mpumalanga het glo R24 miljoen aan luukse voertuie vir tradisionele leiers bestee, maar geen geld vir droogtehulp beskikbaar gestel nie.
Boek: Is dit al?
Dirk kuier by sy oupas, maar hy moet steeds skool toe gaan. Daarom het sy oupas vir hom ’n fiets aanmekaargesit. As Dirk versigtig uitwys dat die fiets ’n bietjie lendelam is, begin die oupas grootpraat oor die teëspoed wat húlle moes trotseer om betyds by die skool uit te kom.
Resep: Dadelblokkies
(Uit: Smul sonder sukkel, Olga Wall)
44 beseer toe bus teen kant van berg bots
Altesaam 44 mense is Sondagaand beseer nadat ʼn bus in die Kranspoort-omgewing naby Middelburg in Mpumalanga teen die kant van ʼn berg gebots het.
‘Rassistiese’ ANC-LUR verkla oor wit kinders
Die Menseregtekommissie gaan versoek word om Nancy Sihlwayi, die regerende party se LUR van maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap, vir rassisme en menseregteskendings te ondersoek.
NWU kondig nuwe bestuursmodel aan: ‘Afrikaans nie bedreig’
Die Noordwes-Universiteit het ingrypende veranderings aan sy strategie en bestuursmodel aangekondig.
‘Die volgende stop’: Speel-speel die lekkerste bordspeletjie
Die volgende stop is ’n prettige, lag-tot-jy-lê-bordspeletjie vir die hele gesin! Reis Suid-Afrika plat – in die gemak van jou eie huis!
16 vas ná klopjagte in België; Abdeslam nog op vrye voet
Sestien persone is Sondag in Brussel en Charleroi in België tydens polisieklopjagte in hegtenis geneem ná terreuraanvalle in Parys vroeër vandeesmaand.
KSUT verander eksamenlokaal
Die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie (KSUT) het die plekke waar studente hul eindjaareksamen moet aflê, geskuif.
Oom Herrie se kerrie: Brille en pille
Iets wat oom Herrie die hiper-pieperellakoors wil laat kry, is as die openbare uitsaaier se Afrikaanse omroepers van iemand se “brille” praat as hulle net een bril bedoel.
Staking by parlement hervat
Werkers by die parlement sal Maandag weer hul staking hervat, het die National Health, Education, and Allied Workers (Nehawu)-vakbond Sondagaand gesê.
Gedagte vir die dag: God gee rus en kalmte
Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd. (Psalm 131:2-3)