Joel Rea (32) van Australië se skilderye lyk só werklik, dat dit byna onmoontlik is om te glo dit is tekeninge.
Lees meerAlles vir Dinsdag 24 November 2015
Dubai gaan “jetpacks” kry vir brandbestryding
Dubai se departement van burgerlike beskerming het ’n memorandum van verstandhouding met Martin Aircraft Company gesluit om 20 “jetpacks” en twee opleidingsimulators te lewer. Die ooreenkoms sluit opleiding in.
SA’ner in Mali ontvoer: Vier jaar later is daar hoop
Die Gift of the Givers het Dinsdag gesê hy het uiteindelik kontak gemaak met die persone wat Stephen McGown van Johannesburg vier jaar gelede in Timbuktu, Mali, ontvoer het.
43 studente in hof oor universiteit-betogings
Die studente bly in aanhouding tot hulle weer op 29 Januarie in die hof moet verskyn
KZN-wetgewer debatteer oor doodstraf-referendum
Willies Mchunu, LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en samewerking in KwaZulu-Natal het ʼn versoek, dat die doodstraf weer ingestel moet word, van die hand gewys.
Werk by wetgewer gekanselleer oor staking
Betogers van die Suid-Afrikaanse parlement het Dinsdagmiddag die Nasionale Vergadering verlaat nadat die wetgewer gedwing is om sy sittings te kanselleer.
ToekomsVenster: Visie vra gehoorsaamheid, nie sukses nie
Die Bybel leer tog vir ons dat God ‘n goeie Vader is, dat Hy geduldig, vriendelik , vol liefde en ontferming en genadig is, en net dit wat goed is vir sy kinders beplan.
TUT-eksamens geherskeduleer
Die Tshwane Universiteit van Tegnologie is vandeesweek genoop om ʼn baie moeilike besluit te maak wat die eksamen betref.
M-Net diskrimineer teen wittes – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het die betaalkanaal M-Net vandag daarvan beskuldig dat hy onbillik teen wit mense diskrimineer.
[Video] Keer só dat jy gekaap word
Teendiefstaltegnologie in motors beteken misdadigers probeer nou eerder voertuie kaap as steel. Opsporingsmaatskappye waarsku motoriste om paraat te wees om kapings te verhoed.
Luister: Leah sê dis ʼn voorreg om temalied van ‘Die Sneeukoningin’ te sing
Leah het telefonies uit die Kaap met Esté Meyer Jansen gesels oor die temalied, die fliek en sommer ook vertel wat haar gunsteling-sprokie is.
[Foto’s] ʼn Manier om jou naaste by te staan
Met al die swaarkry in die wêreld voel ʼn mens soms dat alle hoop verlore is. Hoe kan ʼn mens help as daar soveel mense is wat ly? Jy begin by jou naaste, en in hierdie geval, jou buurman.
Pa van Centurion wat gesin beskerm verlam gelaat
Paul Mayer (46), die inwoner van Lyttelton in Centurion wat verlede Maandagaand ernstig beseer is toe hy sy gesin teen vier aanvallers tydens ʼn huisroof beskerm het, sterk in die hospitaal aan, maar is verlam gelaat.
Bankkoste: Kyk hier hoe vaar jou bank
“Bankkliënte wat ontevrede met hul bankkoste is, moet dit nie net gelate aanvaar nie.”
Luister: Julius Walt bou volledige stel vir nuwe musiekvideo
Julius Walt het onlangs sy solo-loopbaan as sanger begin en as daar nou een ding is waarvoor dié man nie terugdeins is nie, dan is dit avontuur. Hy is tans besig om sy jongste musiekvideo, “Gebreekte glas”, te vervaardig en het ʼn Mexikaanse dorpie gebou as stel vir die video.
Nylstroom-plaasvoorman doodgeskiet: ‘Hy het geleef vir sy kinders’
Piet de Kock, die 40-jarige voorman wat Vrydag op ʼn plaas buite Nylstroom (Modimolle) doodgeskiet is, het geleef vir sy twee jong seuns.
Parys-klimaat bied lesse oor Afrikaans
Wat het die Islamitiese terreuraanslae in Parys met die verdrywing van Afrikaans uit die universiteite in Stellenbosch, Potchefstroom en Bloemfontein te make?
Ma glo deur seun vermoor: ‘Sy was ontsettend lief vir hom’
Annetjie Stassen (78), wie se liggaam Sondag gevind is nadat sy verlede week as vermis aangemeld is, sal onthou word as ʼn liefdevolle, Christelike vrou…
Bobby vier dekade in musiekbedryf
Dit is nou al tien jaar sedert die musiekbedryf vir die eerste keer kennis geneem het van ʼn matriekleerling aan die Hoërskool Brits. Intussen het Bobby van Jaarsveld een van ons land se voorste Afrikaanse kunstenaars geword.
SA ma wat drie kinders versmoor se saak hersien
Tania Clarence, ʼn ma van Suid-Afrika wat drie van haar kinders in Engeland versmoor het, se saak is hersien.