Die wêreld sal eersdaags ’n nuwe gesig sien wanneer die Haka uitgevoer word. Dit is natuurlik die Tassie-Haka van Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek. Die bekende rugbyspeler, Bakkies Botha, sal voortaan as ambassadeur van die projek optree.
Alles vir Dinsdag 24 November 2015
Uitdrukking: Iets voetstoots verkoop
Taaltoffie ondersoek die uitdrukking om iets “voetstoots” te verkoop
November: Rekordgetal vlugtelinge in Duitsland
November is nog nie verby nie, maar ʼn rekordgetal van 180 000 vlugtelinge het reeds in Duitsland opgedaag.
Is ons besig om kunsmatig ʼn nuwe generasie wit rassiste in Suid-Afrika te kweek?
Ná die die laaste xenofobiese aanvalle in April 2015 wil dit voorkom asof ons land agteruit geboer het ten opsigte van rekonsiliasie tydens die Mandela-era.
ʼn Ope brief aan president Zuma
My respek is by die venster uit. Die statistieke is skrikwekend. Sê my asseblief ek sien dit nie alleen raak nie. As ek ʼn lys moet opstel van al die probleme sal my papier en ink opraak.
Boek: Lillie die heksie en die ridder Don Quijote
Die lawwe ridder Don Quijote is besig om die stad op horings te neem, en dis alles Lillie se skuld!
[Foto’s] Kaper doodgeskiet, een vas ná hoëspoed-jaagtog
ʼn Vermeende kaper is Dinsdag in KwaZulu-Natal doodgeskiet en een is in hegtenis geneem ná ʼn hoëspoed-jaagtog met die polisie wat toevallig in die omgewing ʼn spesiale operasie uitgevoer het om kapings te bekamp.
Rhodespark-aanval: Verdagte in hof
Die verdagte was na bewering deel van ʼn groep van 12 mans wat die paartjies aangeval het toe hulle in die park gestap het.
Resep: Semel-karringmelkbeskuit
Dié resep is een van die gewildste beskuitresepte in die land.
Nuuskommentaar: Soek die rassespook op regte plek in die taaldebat
Om slagspreuke as name aan veldtogte te gee wat dikwels in bewegings omsit, het geblyk doeltreffend te wees. As na die verskynsel internasionaal gekyk word, is daar waardevolle slagspreuke wat ook vir Suid-Afrika lesse inhou, soos dat almal se lewe belangrik is – nie net dié van diegene wat meen hulle word benadeel nie.
Dis hoekom die Crusaders so gewild is
Die Crusaders doen die dinge op die regte manier – dis hoekom dié franchise een van die suksesvolste in Nieu-Seelandse en Superrugby is – en seker ook hoekom so baie van ons vriende in die Kaap Crusaders-truie dra.
Zuma vra Cosatu om te verenig
Pres. Jacob Zuma het Maandag tydens Cosatu se 12de nasionale kongres gesê die vakverbond moet meer verenig na vore kom.
Dept. veroordeel beskadiging van eiendom by TUT
Die departement van hoër onderwys het Maandag se gebeure waartydens ʼn eksamenlokaal by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se Soshanguve-kampus aan die brand gesteek is, as krimineel beskryf.
Korrupte polisiebeampte gevonnis
ʼn Korrupte polisiebeampte van Mosselbaai wat oor ʼn tydperk van drie jaar meer as R65 000 se omkoopgeld aanvaar het en vervalste klaringsertifikate uitgereik het, is Maandag gevonnis.
Gedagte vir die dag: Jesus dra jou pyn
Hy was verag en verwerp deur mense, iemand wat leed en pyn geken het. Tog was dit ons swakhede wat hy gedra het. Hy het ons pyn verduur. Hy is geslaan en gepynig ter wille van ons sondes. Hy is geslaan sodat ons gesond kan word. (Jesaja 53:3-5, NLV)