Die konstitusionele hof het beslis Ecclesia de Lange, ʼn voormalige predikant in die Metodistekerk, mag nie as predikant dien terwyl sy met iemand van dieselfde geslag getroud is nie.
Alles vir Woensdag 25 November 2015
Boek: Lillie die heksie in die land van die dinosourusse
Hierdie keer doen Lillie ’n heksesprong wat haar miljoene jare terugneem tot in die land van die dinosourusse.
‘Reeksverkragter’ beweer polisie het saamgesweer
ʼn Vermeende reeksverkragter, wat op 152 aanklagte teregstaan, beweer die polisie het saamgesweer teen hom aangesien hy ʼn “leek” is.
Resep: Kaas en spek-doopsous
Kyk gerus dié kort video van TipHero vir die metode.
Nuuskommentaar: Een vegvliegtuig maak dalk hele winter
Die neerskiet van ʼn Russiese vegvliegtuig deur die Turkse lugmag wys dat internasionale verhoudinge ingewikkelder is as ‘my vyand se vyand is my vriend’. Maar dit wys ook dat ʼn land nie met alle lande bevriend kan wees sonder om sommige lande suur te maak nie. Dit is ook ʼn belangrike les vir Suid-Afrika oor hoe om jou vriende te kies.
Man weer vier verdagtes af tydens plaasaanval
Twee van vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle Dinsdag in die vroeë oggendure op ʼn plaashuis in die Oranjeville-omgewing in die Vrystaat wou toeslaan.
Parlement dreig Nehawu met polisie-optrede
Die bestuur van die parlement het Dinsdag gewaarsku hulle sal nie huiwer om die polisie te ontbied om stakende werkers te verwyder wat LP’s se werk beïnvloed nie.
Borgtog vir ‘vals dokter’
ʼn Nigeriër wat homself glo as ʼn dokter voorgedoen het en van korrupsie en oortreding van Suid-Afrika se immigrasiewette aangekla word, se borgtogaansoek is Dinsdag in die Polokwane-landdroshof goedgekeur.
Luister: Sorina se lewe kry gestalte in hoofletters
Sorina Erasmus vertel haar lewe kry nou gestalte in hoofletters, en boonop is haar tweede kind ook nou op pad.
Kapers sommer gou aangekeer
Vier mans verskyn Woensdag in ʼn hof in Port Elizabeth nadat hulle glo ʼn substasiewerker se Hilux-bakkie gesteel, en kort daarna aangekeer en in hegtenis geneem is.
Afrikaans se oorlewingstryd by die Universiteit Stellenbosch
Dit is geen oordrywing om die stryd op Stellenbosch te sien as deurslaggewend vir die voortbestaan van Afrikaans in die land nie. ’n Terugslag vir Afrikaans sal beteken dat dit ook in die beste hoërskole in die Wes-Kaap die knie sal moet buig.
Gedagte vir die dag: Jesus verstaan
Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. (Hebreërs 4:15; 5:8)