Kom soek saam met Janneman na die jeti. Met net ’n kaart, ’n warm mus en ’n blik spaghetti in sy rugsak, klim Janneman teen ’n berg uit en as hy bo kom, sien hy dadelik die jeti! Maar wag so bietjie … kyk net daardie lipstiffie!
Alles vir Vrydag 27 November 2015
Woord: fut
Teen die einde van die jaar is meeste mense se fut uit! Taaltoffie stel ondersoek in.
Nuuskommentaar: Telefoontjie speel lei tot misverstande, selfs in die media
ʼn Onlangse onafhanklike artikel in Maroela se deelname-afdeling het tot ʼn kettingreaksie ver buite Maroela se domein gelei, waar ʼn klompie suur sop ook uitgeloop het. Stertjies bylas sonder om die oorspronklike stuk te lees, het daartoe bygedra dat die ongelukkigheid kwalik deur die kors van ordentlikheid bedek is. Dit het saamgeval met die aanwysing van Barnard Beukman as nuwe redakteur van Beeld en Beukman het ook versigtig reageer. Herman Toerien vat die gebeure saam en vra dat die belanghebbendes saam ʼn koppie tee drink eerder as om hul penne in gal te doop.
kykNET Fiëstas: Kyk wie is benoem
Die benoemings vir die gesogte kykNET Fiësta-toekennings vir 2016 is op 26 November op dié kanaal se aktuele vermaakprogram, Flits, bekendgemaak.
Plan vir ‘kruising van dood’
Die sogenaamde kruising van die dood, waar die R31 en N12 mekaar kruis net buite Kimberley en waar daar sedert April vanjaar reeds 86 ongelukke was, is uiteindelik beveilig.
Resensie: ‘Die tyd is nou’- Amor Vittone
Deur die jare moes Amor baie kritiek verduur en sommige mense het nie veel van haar as sangeres gedink nie. Met hierdie album wys sy egter wat in haar steek. Dalk was ʼn goeie span liedjieskrywers al wat sy nodig gehad het en daarby is die musikale verwerkings op die album baie goed. Amor is terug met mening, en dit het tyd geword om haar ernstig op te neem!
Vrou beplan glo moord op man
ʼn Vrou en twee vermeende huurmoordenaars is in hegtenis geneem op aanklag van moord en poging tot moord.
Luister: Vrystaatse pluimveekenner praat oor kuikens en eiers
Ben Janse van Rensburg van die Vrystaatse pluimveeklub gesels met Esté Meyer Jansen oor eiers en hoe om dit te berg. Ben verduidelik ook waarom dit dalk nié ʼn goeie idee is om ʼn kuiken te help uitbroei nie.
Duisende leerders moet weer vraestel skryf
Meer as 17 000 matriekleerders in Limpopo moet twee lewenswetenskap-vraestelle oorskryf, nadat die tweede vraestel vir lewenswetenskap verlede week, kort voor dit geskryf is, uitgelek het.
Phetoe as adjunk sekretaris-generaal verkies
Solly Phetoe, Cosatu se provinsiale sekretaris in Noordwes, is as die vakbondfederasie se adjunk sekretaris-generaal verkies.
Luister: Lize Jacobs se debuutroman is ʼn avontuur van selfontdekking
Esté Meyer Jansen het die geleentheid gehad om met Lize Jacobs te gesels voor die bekendstelling van haar boek ‘Lost in Chance’ en meer uit te vind oor dié nuwe skrywer se skryfproses.
Luister: Talle drome word waar vir sanger Riaan Grobler
Riaan Grobler werk nou al reeds drie jaar aan sy jongste album, Dis die liefde, wat in Oktober bekendgestel is. Nie net het hy die geleentheid gehad om saam met vier van sy gunsteling-sangeresse duette te sing op hierdie album nie, maar hy is ook deesdae te sien as ʼn aanbieder en vervaardiger van kykNET se ontbytprogram, Die groot ontbyt.
Supertameletjie wag dalk op Argentynse rugby
Dit lyk of daar in die komende jaar `n supertameletjie op die Argentynse Rugbyunie (UAR) kan wag.
Gedagte vir die dag: Diep waters en vuur
Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie. (Jesaja 43:1-2)