Die Harbourside-polisie in Australië is na ʼn woonstel ontbied nadat bure gehoor het hoe ʼn man vir ʼn vrou skree dat hy haar gaan vermoor.
Lees meerAlles vir Maandag 30 November 2015
Verdoemende SAL verslag in publieke domein
Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat die verdoemende interne verslag, wat SAL verlede week inderhaas deur middel van ’n hofinterdikaansoek gekeer het om deur die media bekendgemaak te word, in belang en deel van die publieke domein is.
VF Plus help MTN-gebruikers
Die Vryheidsfront Plus het Maandag gesê hy bied sy hulp aan vir MTN-klante wat tot dusver nie kon regkom ná foute weens vermoedelik administratiewe probleme ingesluip het nie.
[Foto’s] Prins Harry se besoek aan Kaapstad
Prins Harry het Maandag die Afrika-son aangedurf tydens sy besoek aan Kaapstad.
Werkers by parlement staak steeds
Die staking deur werknemers van die parlement duur voort terwyl die vakbond Nehawu wag op ʼn uitslag van die onderhandelinge tussen sy nasionale leierskap en bestuur van die parlement.
Kampsbaai-moordsaak uitgestel
Die saak teen ʼn man van Guatemala wat verdink word van die moord op sy meisie by ʼn hotel in Kampsbaai vroeër vanjaar, is tot 10 Desember uitgestel.
ToekomsVenster: Is alles regtig nuut?
Die waarheid wat Paulus hier beklemtoon, is dat Christus jou reeds nuut gemaak het. Jy het ‘n nuwe identiteit ontvang. Waar jy vroeër ver van God was, is jy nou een met Christus Jesus (Ef 2:12-13).
Polisiemoordenaar lank tronk toe
Cheswill Adendorf is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op ʼn polisiebeampte in April 2014.
Vrou betaal glo miljoene se omkoopgeld
ʼn 26-jarige Chinese burger, Tian Tian Wang, het in die Pretoriase streekhof verskyn kort nadat sy glo omkoopgeld van miljoene rande aan ʼn werknemer van die Suid-Afrikaanse Reserwebank betaal het.
Nuwe vrystellings: 30 November 2015
Kurt Darren, Brendan Peyper en Carla Oberholzer het onlangs ‘n paar nuwe snitte vrygestel.
[Video] Tier maak vriende met sy ‘middagete’
ʼn Bok wat in ʼn hok by ʼn safaripark vrygelaat is om as middagete te dien vir ʼn tier, het die onwaarskynlike reggekry en vriende gemaak met dié roofdier.
[Foto’s] Wagte beseer nadat bende op geldwa toeslaan
Twee veiligheidswagte van G4S is Maandag lig beseer nadat ʼn groep van nagenoeg tien verdagtes tydens ʼn transitorooftog in Limpopo op hulle losgebrand het.
Luister: Boere in Nood-projek gryp tydens droogte in
NC Schoombee, ʼn 27-jarige man van die Bethlehem in die Vrystaat, het onlangs ʼn Facebook-groep begin om boere te help wat gebuk gaan onder die droogte wat tans in Suid-Afrika heers.
Wenners vir RSG Radiodrama-skryfkompetisie bekendgemaak
Die RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie het vanjaar meer as 130 nuwe radiodrama-inskrywings gehad, sê Kobus Burger, RSG se uitvoerende regisseur vir drama.
Verkiesingsuitslae ter syde gestel
Die konstitusionele hof het Maandag die uitslag van die omstrede Potchefstroomse tussenverkiesing in 2013 ter syde gestel.
Video: Carla Oberholzer skryf liedjie vir boere oor droogte
Carla Oberholzer het nou ʼn liedjie geskryf en opgeneem wat sy opdra aan boere wat gebuk gaan onder die droogte.
Maroela Media Top 20: 30 November 2015
Dit is ‘n groot week vir Cordelia; sy is moontlik die eerste kunstenaar wat drie solotreffers tegelyk op die Top 20 het.
Machine gun Preacher steeds besig met werk in Afrika
Sam is ʼn voormalige motorfietsbende-lid van Amerika wat sy lewe handomkeer verander het om kinders in Suid-Soedan te help. Maroela Media het met Sam gesels oor sy sendingwerk en wat hom motiveer om aan te hou.
Ma pleit skuldig ná sy baba probeer verkoop
ʼn 20-jarige vrou wat in hegtenis geneem is nadat sy haar babaseuntjie op die advertensiewebwerf, Gumtree, wou verkoop, het Maandag in die Pietermaritzburg-streekhof skuld beken.
Maties-taalbeleid: ‘Meer as 30 000 steun referendum’
Meer as 30 000 oudstudente en belanghebbendes het in samewerking met die vakbond Solidariteit in ʼn onlangse referendum vir die behoud van Afrikaans op die Universiteit Stellenbosch (US) deelgeneem.