ʼn Rusie tussen ʼn egpaar van Ventersburg het Vrydagaand tragies geëindig toe die vrou haar man met ʼn mes doodgesteek het.
Lees meerAlles vir Sondag 6 Desember 2015
ANCVL besoek Reeva se ouers
Bathabile Dlamini, president van die ANC Vroueliga (ANCVL), het Sondag die ouers van die vermoorde model Reeva Steenkamp in Port Elizabeth besoek.
Man aangekla ná ‘terreur-mesaanval’ by Londense treinstasie
Britse polisie het Sondag ʼn 29-jarige man van poging tot moord aangekla ná die vermoedelike “terreuraanval” Saterdag waartydens drie mense by ʼn Londense moltreinstasie met ʼn mes aangeval is.
[Foto’s] ‘Drake’ spook dit uit sodat kinders kan lees
Oxford University Press het Saterdag gewys hoeveel murg is in hul pype toe hulle die jaarlikse fondsinsamelingsdraakbootwedvaart by die V&A Waterfront gewen het.
DA sal hof toe indien Motsoeneng-ondersoek nie voortgaan
Die DA het Sondag gesê die party sal regstappe doen indien die dissiplinêre ondersoek na Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se omstrede bedryfshoof, nie voortgaan nie.
Twee wat glo goud versteek by lughawe vasgetrek
Twee mans is Vrydagaand by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hulle 39 goudstawe uit die land probeer smokkel het.
Vermiste Boksburg-tiener opgespoor
Die tienermeisie van Boksburg wat Maandag vermis geraak het nadat haar ouers haar by die skool afgelaai het, is Sondag in die vroeë oggendure in KwaZulu-Natal gevind.
Skole gewaarsku oor weerhouding van rapporte
Verlede jaar is talle klagtes van ouers ontvang nadat skole geweier het om rapporte te oorhandig aan leerders wie se skoolgeld agterstallig was.
Nuwe wet sal ANC volle beheer oor SAUK gee, sê DA
Die DA het Sondag gesê ʼn voorgestelde wet wat aan die Nasionale Vergadering voorgelê is, sal die SAUK bloot ʼn instrument vir die ANC-regering se propaganda maak.
‘Bendelid’ sterf tydens skietgeveg met polisie
ʼn Bendelid wat vermoedelik betrokke was by die moord op ʼn polisiebeampte is Saterdagmiddag tydens ʼn skietgeveg met die polisie doodgeskiet.
Motoris jaag in vulstasie vas
“Omstanders het getuig hoe die motor skielik by die vulstasie ingejaag gekom het en teen die eiland tot stilstand gekom het.”
Een sterf, drie beseer toe bakkie en taxi bots
Een persoon is dood en drie ander beseer toe ʼn bakkie en minibustaxi Saterdag op die R36 naby Letaba in Limpopo gebots het.
Man verdrink in Vaalrivier
ʼn Jong man het Saterdagmiddag in die Vaalrivier in Gauteng verdrink.
[Video] TBF: ‘Skenk ons ʼn helder Somerkersfees,’ sing Karen Wessels
Karen Wessels, bekende aktrise en sangeres, is duidelik versot op haar twee hondekinders, Saartjie en Pieter. Sy het met hulle in haar arms ʼn kort a capella-stukkie van Somerkersfees deur Koos du Plessis vir Maroela Media op video vasgevang.
Gedagte vir die dag: Maria se verwondering
Toe die engel by haar kom sê hy: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.” Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken. (Lukas 1:28-29)