ʼn Man van Koffiefontein in die Vrystaat wat in Oktober sy vriendin tydens ʼn rusie vermoor het, is Maandag in die plaaslike streekshof gevonnis.
Lees meerAlles vir Maandag 7 Desember 2015
Parlement bereik ooreenkoms met stakende werkers
Parlementêre werknemers was Maandag terug by die werk nadat die Nehawu-vakbond en ʼn parlementêre voorsittende beampte ʼn betalingsooreenkoms onderteken het.
Ondersoek na Phiyega begin amptelik
Die presidensiële kommissie van ondersoek wat Riah Phiyega, geskorste polisiehoof, se bevoegdheid sal vasstel, het Maandag amptelik in werking getree.
Limpopo-dosent se liggaam op kampus aangetref
Die polisie ondersoek die raaiselagtige moord van ’n universiteitsdosent van Limpopo nadat sy liggaam Maandagoggend voor sy huis in sy rolstoel aangetref is.
Zoeloe-Koning gekap oor pro-apartheiduitsprake
Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini is Maandag oor die kole gehaal vir sy uitsprake die afgelope naweek waarin hy die suksesse van die apartheidregering geloof het.
ToekomsVenster: Die belofte van ‘n betekenisvolle lewe
Jou lewe kan net betekenis in God se koninkryk kry as jy leef soos wat God dit bedoel het, naamlik deur sy Naam groot te maak, sy koninkryk te dien en sy wil te doen.
[Video] Storie van Anglo-Boereoorlog word vertel in nuwe fliek
Modder en Bloed vertel die boeiende verhaal van Willem Morkel (Stian Bam) ná sy vrou en kind in die Anglo-Boereoorlog in 1901 vermoor is.
Man gevonnis ná hy suur oor vrou uitgooi
Jan Pieterse (45), die man wat suur oor die ma van sy kind uitgegooi het, is Maandag in die Johannesburg-landdroshof gevonnis.
‘Moenie wag tot dit te laat is nie’
In ʼn poging om te midde van die veldtog, 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, bewusmaking te skep, het ʼn slagoffer besluit om haar storie te deel byna ʼn jaar nadat sy by haar Pretoria-huis deur haar man geskiet is.
Universiteite sal sak moet skud vir inkontraktering
Die jaar 2015 was verreweg die woeligste nog aan ons universiteite. Eers die standbeelde, toe die eise vir gratis tersiêre onderwys en nou die voortslepende eise vir die inkontraktering van alle universiteitswerkers.
2015 amper rekordjaar vir groot aardbewings
Die groot aardbewing met ’n sterkte van 7,2 wat pas in die voormalige Sowjetrepubliek Tadjikistan voorgekom het, het die totale aardbewings vanjaar van 7 of meer op die momentmagnitudeskaal tot 20 laat styg.
Vrou se lyk onder matras in Limpopo-plaashuis gevind
Die liggaam van ʼn Limpopo-vrou is Maandagoggend deur haar huishulp onder ʼn matras in een van die slaapkamers van haar huis op ʼn plaas in die Haenertsburg-gebied naby Tzaneen gevind.
Naweek se nat weer veroorsaak chaos op paaie
Meer as 50 motorongelukke is tussen Vrydag- en Maandagoggend in en om Durban aangemeld.
Foto’s: Pretoriase Nasionale Dieretuin spog met twee nuwe skeurtandhaaie
Dit is nie aldag dat Kapenaars die see in Desembertyd vir Pretoria se strate verruil nie, maar dit is presies wat nou gebeur het met twee nuwelinge wat sedert verlede week die Pretoriase Nasionale Dieretuin hul nuwe tuiste noem.
NVG ‘besluit nog’ oor Oscar se inhegtenisneming
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag gesê hy wik en weeg nog of ʼn lasbrief vir Oscar Pistorius se inhegtenisneming uitgereik sal word na aanleiding van sy skuldigbevinding aan moord.
Limpopo-plaasmoord: Boervrou se liggaam gevind
Die liggaam van Una Lötter (64) is Maandagoggend gevind nadat sy sedert Sondagaand vermis was toe sy en haar man op hul plaas naby Modimolle aangeval en vermoor is.
Irak dreig Turkye – vra Rusland vir hulp
Minstens 150 Turkse soldate en sowat 25 tenks is na die Irakese stad Mosul, wat onder beheer van die Islamitiese Staat (IS) is, ontplooi.
Uitstaande Suid-Afrikaners vereer
Pres. Jacob Zuma sal Dinsdagaand verskeie nasionale ordes aan Suid-Afrikaners en buitelanders, wat in verskeie sektore tot die vooruitgang van die land bygedra het, toeken.
Man aangekla ná kameel se dood
ʼn Inwoner van ʼn kleinhoewe buite Bloemfontein het verlede week op ʼn hartseer gesig afgekom nadat hy een aand ʼn dier in die omgewing se harde hulpkrete gehoor en gaan ondersoek instel het.
Duo slaan helder oordag op twee plaashuise toe
Twee verdagtes het Sondag helder oordag op twee huise op ʼn plaas in die Sanddrift-omgewing, buite Brits in Noordwes, toegeslaan en die inwoners beroof en aangerand.