ʼn Sosiale eksperiment wat poog om te bewys hoe vooropgestelde idees mense se persepsies van ander kan beïnvloed, word wyd op sosiale media versprei en is reeds meer as byna 5 miljoen keer op YouTube gekyk.
Lees meerAlles vir Saterdag 12 Desember 2015
SA sanger kanselleer optredes weens gesondheid
Die sanger en kankerlyer Randall Wicomb het al sy optredes vir die res van die jaar gekanselleer aangesien hy tans “baie swak” is.
Ma sterf toe gesin se voertuig rol
ʼn Ma is dood en haar man en vier dogters ernstig beseer nadat die gesin se motor Saterdagmiddag op die N1-snelweg ongeveer 15 km buite Polokwane gerol het.
Man verdrink ná hy in sleurstroom beland
ʼn Man het Vrydagaand in die see by Oos-Londen verdrink nadat hy in ’n sleurstroom beland het.
Media verdien rooi kaart vir flagrante oorsig
Die media wat die benoemings vir die SA Rugbyunie (Saru) se span van die jaar gedoen het, verdien `n rooi kaart vir `n flagrante en ontstellende oorsig in dié opsig.
Totius-beeld van Puk-kampus verwyder
Die Noordwes-Universiteit (NWU) het Saterdag gesê die Totius-standbeeld op die universiteit se Potchefstroomkampus gaan verskuif word.
[Video] TBF: ‘Merrie Krismis, my tjomma,’ sê Sorina en die Flooze
Sy het haar alter ego, die Flooze, ook saamgebring om ʼn Kersstaaltjie te vertel. Sy vertel geesdriftig van haar kêrel wat een Kersfees vir haar ʼn angelier met ʼn liggie in gekoop het. “Die “batteries” kry ek Valentynsdag,” sê sy opgewonde.
Gedeporteerdes ontsnap op pad na grenspos
Altesaam 49 onwettige immigrante van Zimbabwe het Donderdag glo uit ʼn bewegende bus ontsnap waarmee hulle na hul tuisland teruggeneem is.
Walvis gered wat op Plett-strand uitspoel
Die jong walvis, ongeveer 6 m lank, is omstreeks 20:30 op Robberg-strand gevind waar hy uitgespoel het.
Jaagduiwel ná 198 km/h in hegtenis geneem
Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het motoriste wat jaag weereens gewaarsku om die gedrag te staak nadat ʼn motoris wat 198 km/h in ʼn 120 km-sone gery het Saterdagoggend in hegtenis geneem is.
Vier deur gemeenskap met klippe doodgegooi, gebrand
Vier mans is Donderdag dood toe inwoners van die Everest informele nedersetting in Springs aan die Oos-Rand hulle met klippe bestook en aan die brand gesteek het.
Mugabe waarsku teen wit boere wat terugkeer na plase
Wit boere wat die afgelope 15 jaar uit hulle huise en van hulle grond af uitgesit is sonder vergoeding, trek weer terug na die plase, het Zimbabwiese president Robert Mugabe Vrydag gesê.
Zuma: Dít is hoekom ek Nene laat gaan het
In sy eerste verklaring sedert hy die minister van finansies in die pad gesteek het, het pres. Jacob Zuma Vrydag gesê Suid-Afrika sal nie sy omsigtige fiskale pad verlaat nie.
Twee sterf in botsing op pas
Twee mense is dood in ʼn botsing Vrydagaand op die Long Tom-pas ongeveer 15 km buite Lydenburg in Mpumalanga.
Gedagte vir die dag: Vertel van God se wonders
Ek laat my deur u liefde lei en ek lewe deur u trou. As ’n onskuldige, Here, was ek my hande en draai ek na u altaar toe om my loflied te sing en van al u wonders te vertel. (Psalm 26:3, 6-7)