Desjuane Farmer, die 17-maande oue peuter van Alberton wat Woensdag deur ʼn hond aangeval is, het Sondag haar derde operasie ondergaan.
Alles vir Maandag 14 Desember 2015
Maroela Media Top 20: 14 Desember 2015
In vandeesweek se Top 20 is daar tien snitte wat styg, sewe wat daal, een wat onveranderd bly en twee nuwelinge. Cordelia behou haar eerste…
Skokvideo-moord: Nog ʼn verdagte vas
ʼn Derde verdagte het in die hof verskyn in verband met die moord op ʼn polisiekonstabel in November.
Luister: Anneli se Kerswens vir jou
Luister ook na die podsending met Anneli se Kerswens vir jou.
Afrikaanse boeke wat jy moet lees: Raka
Theresa wou by Hans weet waarom party mense nie kans sien om dié boek te lees nie en sy vra dan sommer ook ʼn paar wenke vir hoe ʼn leser die roman kan aanpak, want dit is immers een van die grootste werke in Afrikaans.
Boek: Die oorlogskamer
Die oorlogskamer is gebaseer op die fliek War Room deur Alex en Stephen Kendrick (die twee vervaardigers van die topverkoper-flieks Fireproof en Courageous). Hierdie roman bevat ook besprekingsvrae en kleurfoto’s uit die fliek.
Drie ministers in 5 dae: Zuma wéér wyd gekritiseer
“Die land het drie ministers van finansies in een week gehad. Geen verduideliking kan die ANC red van hierdie vernedering en grap waardeur hulle die hele land gesit het nie. Zuma is ʼn ramp vir Suid-Afrika.”
WAT Woord van die week: glasnost
Taaltoffie ondersoek die betekenis en herkoms van die woord “glasnost”
ANC-swaargewig meen Zuma moet handdoek ingooi
Nog ʼn ANC-swaargewig het gesê pres. Jacob Zuma moet “sy posisie oorweeg”.
[Video] TBF: ‘Koop geskenke betyds vanjaar,’ sê Rian
“Soos gewoonlik gaan die winkels stampvol wees nét voor Kersdag,” waarsku hy speels, “en ek gaan soos altyd uitstel tot heel laaste. Ek wil asseblief nie in rye staan nie,” verduidelik hy.
Nuuskommentaar: Pravin of nie, Zuma moet trekpas kry om land te red
Die verwydering van pres. Jacob Zuma, of minstens veel meer gerusstellings as die heraanstelling van Pravin Gordhan as minister van finansies, bly noodsaaklik as die land se ekonomie weer kop wil optel. Dit is minstens duidelik dat Zuma se posisie in die ANC nie so onaantasbaar is as wat Zuma self geglo het toe hy Nhlanhla Nene die trekpas gegee het nie.
Seun (6) sterf in N3-ongeluk
ʼn Sesjarige seun is dood en sy gesin beseer, nadat hul voertuig Sondag in die vroeë oggendure verskeie kere op die N3-snelweg naby Frankfort in Vrystaat gerol het.
Drie bejaardes deur bye aangeval
ʼn Swerm bye het drie bejaardes by ʼn ouetehuis in Musgrave, KwaZulu-Natal, aangeval.
ʼn Credo teen middelmatigheid
Uitnemendheid, as ons die situasie in Suid-Afrika eerlik bekyk, het in sekere kringe ʼn nuwe vloekwoord geword; middelmatigheid die nuwe modewoord, skryf Johan Schoeman.
Begrond: Deel 6
‘n Plaasmoord ruk ‘n gemeenskap en familie tot stilstand en dwing die jong Faan Venter om terug te keer na die plek waar sy geliefde oupa vermoor is.
Seun kritiek na kwadfietsongeluk
ʼn 16-jarige seun is in ʼn kritieke toestand nadat die vierwielmotorfiets waarop hy was, buite Benoni aan die Oosrand teen ʼn bakkie gebots het.
Vyf verkool toe motor vlamvat ná ongeluk
Vyf mense is dood toe die motor waarin hulle gereis het teen ʼn insleepvoertuig gebots het naby Pongola in KwaZulu-Natal.
Werker sterf by Rustenburg-myn
ʼn Mynwerker is in ʼn ondergrondse ongeluk by Impala Platinum se Rustenburg-mynkompleks dood.
Oom Herrie se kerrie: Ween oor ‘Cophsees’
Voor daar ’n misverstand kom, laat oom Herrie dadelik sê hy het niks teen Engels nie. Om die waarheid te sê, oom Herrie ken die verskil tussen “yes” en “not yes”.
Gedagte vir die dag: ’n Tyd vir gemeenskap
As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. (1 Johannes 1:6-7)