ʼn Video van ʼn orangoetang wat skater van die lag vir ʼn kulkunstoertjie is in die afgelope week al meer as 12 miljoen keer gekyk.
Lees meerAlles vir Dinsdag 15 Desember 2015
Sexwale sê politici moet uit afgelope week leer
Die miljardêr en voormalige minister, Tokyo Sexwale, het Dinsdag op ʼn BBC geselsprogram gesê politici moet uit die afgelope week leer om nie met die finansiële markte te speel nie.
Staat benodig R4.5 miljard vir studentefooie
Die staat moet dringend ander maniere kry om sy studentefinansieringskema aan te vul nadat ʼn verslag getoon het die skema sal in 2016 ʼn tekort van R4.5 miljard hê.
Pta peuter brand erg met kookwater
ʼn Eenjarige peuter van Pretoria moes Dinsdag per helikopter hospitaal toe geneem word nadat hy kookwater oor homself uitgegooi het.
Van Rooyen: ‘Ek het geen ooreenkomste geteken’
Die voormalige minister van finansies, Des van Rooyen, het Dinsdag ontken hy het enige ooreenkomste onderteken in sy vier-dae lange termyn as hoof van die land se finansies.
ToekomsVenster: Sagaria en sy vroue Elizabeth
Sagaria se vrou, Elizabeth, is onvrugbaar en kan dus nie kinders in die lewe bring nie. Daar is verskeie verhale van vroue wat te midde van hul onvermoë om swanger te raak tog deur die Here begenadig word. Hierdie kindjie wat gebore gaan word, is ʼn belangrike persoon.
Familie speel nóg ‘n keer klaar met rowers
Eers het ʼn 19-jarige seun vroeër vanjaar hom en sy weduwee-ma teen aanvallers op hul kleinhoewe in Limpopo beskerm en ʼn verdagte doodgeskiet. Dinsdagoggend het drie van vyf verdagtes hulself teen sy oom se haelgeweer vasgeloop toe hulle ná ʼn beweerde huisbraak op die oom losgebrand het.
Ondersoek na ‘rasvoorval’ by sewestoernooi
ʼn Beweerde voorval van rassisme het glo die naweek tydens die sewesrugbytoernooi in die Kaapstad-stadion voorgekom.
Jou diere gaan nie met verlof
Terwyl jy met vakansie is, word jou beste vriend dikwels aan die genade van iemand toevertrou wat geen aanvoeling vir diere het nie.
Oudminister in hof oor ‘miljoene se bedrog’
ʼn Voormalige minister het in die Durbanse handelshof verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie.
ANC: ‘Geen sprake dat Zuma herroep word nie’
Die ANC het Dinsdag gerugte dat die party oorweeg het om president Jacob Zuma uit sy pos te herroep, as nonsens afgemaak en gesê dit is nooit bespreek nie.
Metropolisie steek eers stokkie voor #ZumaMustFall-veldtog
Die Johannesburgse-metropolisie (JMPD) het ʼn aanvanklike versoek van Section27 om Woensdag ʼn optog in Johannesburg te hou om pres. Jacob Zuma se bedanking te versoek, geweier.
Vanderbijlpark-moorde: ‘Dwelmbase het my gedwing om hulle te skiet’
Fanie du Preez (39), die man wat aangekla word van die moorde op sy vrou en twee kinders, is Dinsdag borgtog in die Vanderbijlpark-landdroshof geweier.
Bakker op Limpopo-kleinhoewe geskiet
ʼn Bakker van Limpopo is Maandagaand op sy kleinhoewe in die Susanvale-omgewing buite Modimolle (Nylstroom) tydens ʼn rooftog geskiet.
40 ontsnap uit brandende bus
Nagenoeg 40 mense het Maandag ternouernood aan die dood ontkom toe hulle uit ʼn brandende bus in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ontsnap het.
SA-man dalk doodstraf opgelê in VSA
ʼn Suid-Afrikaanse man, wat skuldig bevind is aan twee moorde in die VSA en van nog twee aangekla word, kan moontlik die doodstraf opgelê word.
ATKV-oorde en SANBD vat hande vir skenkersplan oor Kerstyd
ATKV-oorde gaan vanjaar sy Kersbydrae maak deur ʼn bloedskenkingsprojek by al sy oorde landswyd van stapel te stuur.
[Foto’s] Plett-walvis spoel weer uit en sterf
Die moordwalvis wat Vrydagaand gered is nadat dit op ʼn strand in Plettenbergbaai in die Wes-Kaap uitgespoel het, is dood nadat dit Maandag weer ʼn ent verder uitgespoel het.
Nuuskommentaar: Kon Zuma-ramp voorkom gewees het?
Ongelukkig is daar nie ʼn presidensiële kiesstelsel wat waterdig kan voorkom dat iemand soos pres. Jacob Zuma die regeringshoof word nie. Daar moet dus oor ʼn wyer front gemobiliseer word om te verseker dat die ANC nie weer iemand soos hy as sy presidentskandidaat verkies wanneer Zuma die politieke toneel verlaat nie.
Luister: Steve sê ‘Geseënde Kersfees’
Luister ook na die podsending met Steve se Kerswens vir jou.