Die presidensie het Saterdag ʼn verklaring uitgereik om te bevestig dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa betrokke was in alle konsultasies oor die aanstelling van David van Rooyen as die minister van finansies op 9 Desember.
Lees meerAlles vir Saterdag 19 Desember 2015
Vier sterf tydens hoëspoedjaagtog met moordverdagte
Die polisie in die Vrystaat het ʼn moordverdagte in hegtenis geneem ná ʼn hoëspoedjaagtog waarin vier persone gesterf het.
Skerp kritiek teen gesinsfoto
ʼn Fotograaf in Rosepine, Louisiana, ontvang baie negatiewe kommentaar oor ʼn foto van ʼn ma en twee dogters wie se monde op ʼn gesinsfoto toegeplak is met die byskrif: “Vrede op aarde”.
Durban-verkragter sit lank
ʼn Man is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn 49-jarige vrou in Durban in 2011.
[Video] TBF: ‘Ek het Kersvader as klein dogtertjie gesien,’ spog Cintaine
“Ek weet waarvoor ek wag,” sê aktrise Cintaine Schutte opgewonde. “Ek wag vir daai koekie wat half geëet is, daai glas melk wat half gedrink is en die voetspore.”
[Video] Die ‘ander’ Kersgeskenk
Die kinders se reaksies en die verduideliking vir hul keuse is hartroerend.
Vermeende kapers in Umlazi geskiet
Twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, is Vrydag in Umlazi, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord en poging om ʼn motor te kaap.
Gauteng-spoedvraat jaag teen ‘rekordspoed’
ʼn Gautengse motoris is Vrydagaand op die N1 naby Ventersburg in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat hy glo tot dusver die “rekordspoed” vir die feesseisoen aangeteken het.
EFF het glo Kokstad-dokter gedreig
Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) van Kokstad, KwaZulu-Natal, word daarvan beskuldig dat hulle ʼn bestuurder van ʼn hospitaal gedreig het.
Vlugtende rower skiet glo Vrystaat-polisiebeampte
ʼn Polisiekonstabel van Bloemspruit in Bloemfontein is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn vermeende rower hom geskiet het.
[Foto’s] Nazi-vlae en vuurwapens in Bothasig gevind
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ʼn wenk ontvang en vuurwapens, ammunisie, weermagtoerusting en Nazi-vlae in Bothasig, Kaapstad, gevind.
Twee sterf; kar brand uit naby ongelukstoneel
Twee vroue is dood en nog ʼn vrou het kritieke beserings opgedoen tydens ʼn trompop botsing op die N1 naby die Murrayhill-tolplaza.
Jong vrou verdrink by Illovo
ʼn 20-jarige vrou het Vrydagmiddag omstreeks 13:30 in die see by Illovo aan die suidkus van KwaZulu-Natal verdrink.
Gedagte vir die dag: Wees tevrede
Tog is ware godsdiens saam met tevredenheid ’n groot rykdom. As ons dus genoeg kos en klere het, laat ons tevrede wees. (1 Timoteus 6:6, 8, NLV)