Space X, die maatskappy van die Suid-Afrikaans-gebore Elon Musk, het Maandagaand ook daarin geslaag om ’n deel van ’n vuurpyl naby die lanseerplek te laat land sowat tien minute na dit gelanseer is.
Alles vir Dinsdag 22 Desember 2015
Talle Jhb-buurte sonder water
Verskeie buurte in Johannesburg sal Dinsdag sonder water moet klaarkom nadat die bars van ʼn groot waterpyp toevoer na talle dele in die stad afgesny het.
Die krag van die laer
Geloftedagtoespraak deur dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit te Hooggelegen op 16 Desember 2015.
[Video] TBF: Nie geld of naskeermiddel nie, vra ‘Suidooster’-sterre
“Dit hoef nie die duurste geskenk te wees nie, solank dit in ʼn pakkie kom of toegedraai is,” verduidelik hy. “Dis die moeite en liefde wat in ʼn pakkie ingaan wat ek graag wil hê.”
Egiptenare gebruik ster al lank vir kalender
Wetenskaplikes het ontdek dat die antieke Egiptenare lank reeds ’n dubbelster, Algol, gebruik het om siklusse in hul kalender aan te bring.
Respekteer minstens my kinders, vra Karlien
Die sangeres Karlien van Jaarsveld het privaatheid vir haar en haar kinders versoek voordat sy haar Facebook-blad gedeaktiveer het.
‘Kookwatermoordenaars’ in hof
Twee vermeende moordenaars wat glo twee meisies en ʼn baba vermoor het deur hulle in kookwater te dompel, verskyn Dinsdag in die Palm Ridge-landdroshof.
Twee botsings eis 4 lewens, 22 beseer
Vier mense is dood en minstens 22 beseer in twee afsonderlike ongelukke Dinsdagoggend.
Nuuskommentaar: Annus horribilis ook op geestelike terrein?
Daar kan geen twyfel wees dat 2015 ’n annus horribilis was nie, maar is ’n sekulêre beoordeling van so ’n jaar al hoe ’n Christen dit behoort te beoordeel? Die komende Christusfees bied die ruimte waarbinne die geestelike beskouing ook verreken kan word.
Luister: Nataniël gee teddiebere en ʼn resep vir jou Kerstafel
Nataniël, bekende sanger, liedjieskrywer en vermaakkunstenaar, betower nie net teatergangers nie, maar maak ook ʼn verskil in die lewe van minderbevoorregtes deur sy betrokkenheid by liefdadigheidsorganisasies.
Afrikaanse boeke wat jy moet lees: Spanningsverhale
Theresa Papenfus en Hans du Plessis bespreek spanningsverhale in vandag se gespreksreeks oor moet-lees-boeke.
Luister: Geskiedkundige plekke wat jy moet sien in Suid-Afrika
Ilze Nieuwoudt van Kraal Uitgewers het ondersoek gaan instel na die móét-sien plekke in Suid-Afrika. Suné van Heerden het haar hieroor uitgevra.
Luister: Riaan Grobler glo Kersfees is ʼn tyd vir omgee
Riaan Grobler onthou graag die tye saam met sy ouma en oumagrootjie tydens Kersfees.
Luister: Ken jou saailinge se persoonlikheidstipes
Roosboom, sierboom, palmboom, denneboom… Ma’s by verjaarsdagpartytjies gebruik maklik deesdae hierdie terme wanneer hulle na hul spruite verwys.
Begrond: Deel 12
Begrond is ‘n verhaal van hoop wat oor sewe geslagte strek, van die Afrikaner se val en opstaan en rondom ‘n ou stinkhouttafel op ‘n plaas se stoep.
Klopjagte op onwettige drankwinkels uitgevoer
Onwettige drankverkope is ʼn kernfaktor wat bydra tot ander misdade soos prostitusie en dwelmgebruik, het die departement van handel en nywerheid gesê.
Tesourie gryp in in omstrede ooreenkoms tussen SAL en Airbus
Pravin Gordhan, minister van finansies, het SAL beveel om die aankoop van tien A320-vliegtuie in te ruil vir die huur van vyf A330-300-vliegtuie.
Vermeende dief erg deur Limpopo-inwoners aangerand
Woedende inwoners van ʼn nedersetting in Limpopo het Sondagaand glo ʼn vermeende beesdief gevang, erg aangerand en sy voertuig aan die brand gesteek.
Luister: Maak die beste boeretroos tuis
Lani Snyman van Ciro gee vandag ʼn paar wenke oor hoe om die beste koppie koffie by die huis te maak en hoe om jou koffie te bêre.
Kersfees deur ’n ander bril
Here, gee dat ek in die Kerstyd wat kom deur ’n splinternuwe bril na die Geboorte sal kyk. Plant in my die sade van nuwe waardering vir die laaste offer, die Groot Genade.