Dilys Price (82) is die Guinness Wêreldrekordhouer as die oudste vroulike vryval-valskermspringer ter wêreld.
Lees meerAlles vir Woensdag 23 Desember 2015
87-jarige lê 15 maande lank dood in haar woonstel
ʼn 87-jarige het meer as ʼn jaar lank dood gelê in haar woonstel voordat owerhede op haar liggaam afgekom het, het die polisie in Kassel, Duitsland, Woensdag gesê.
Belowende Dusi-ster met ʼn mes aangeval
Banetse Nkhoesa, ʼn kanovaart-kampioen, se toekoms in volgende jaar se Dusi-marathon is onseker nadat hy met ʼn mes aangeval is.
Skokstatistiek oor plaasmoorde bekend gemaak
Die plaasmoordsyfer het vir die vyfde agtereenvolgende jaar toegeneem.
Nederlander tuis ná dodelike bakterie in SA
Sabina Badenhorst (27) is veilig terug in Nederland nadat sy ʼn dodelike siekte in “haglike toestande” in ‘n staatshospitaal in Suid-Afrika opgedoen het en haar familie geglo het sy sal beter in Holland versorg kan word.
ToekomsVenster: Die ontmoeting met Anna
Sy dank God vir die kindjie en begin almal wat na die verlossing van Jerusalem uitgesien het van die kindjie vertel.
Renosterhorings op lughawe gevind
Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag op die OR Tambo-lughawe beslag gelê op twee renosterhorings wat op pad landuit was.
Man beland onder trekker se agterwiel
ʼn Plaaswerker het Woensdag ernstige beserings opgedoen nadat hy op ʼn plaas naby Krugersdorp in Gauteng onder ʼn trekker beland het.
Man verdrink in see by Mosselbaai
ʼn 49-jarige man het Woensdagoggend by die Dias-strand in Mosselbaai in die see verdrink.
Munisipaliteite gemaan om Eskom-skuld te betaal
Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het Woensdag ʼn beroep op munisipaliteite gedoen om hul Eskom-skuld te vereffen.
Kerskaartjie met legkaart vir slimkoppe
Hou jy jouself graag besig met kopkrapper-legkaarte en bordspeletjies tydens vakansies? GCHQ, ʼn Britse intelligensie-agentskap, se Kerskaartjie gaan talle mense dié Kersfees besig hou met ʼn ingewikkelde legkaart.
[Video] Oulikste Kersfeeswenke
Hier is 10 wenke wat jou Kersfees sommer baie makliker gaan maak: van plaatkoekies wat soos Kersboompies gevorm is tot maniere hoe om jou geskenkpapier maklik weg te pak.
Twee in hof vir vervalste note
Twee mans het Dinsdag in die Ganyesa-landdroshof naby Vryburg in Noordwes verskyn nadat meer as R20 000 se vervalste note in hul besit gevind is.
AfriForum: ‘Staat kan nie bewusmaking oor standbeelde skep’
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag gesê die doringdraad wat om die Paul Kruger-monument op Kerkplein in Pretoria aangebring is, is ʼn kragtige boodskap oor die owerhede se gebrek aan leierskap.
Sieklike Suid-Afrikaner (92) geforseer om Brittanje te verlaat
Myrtle Cothill, ʼn 92-jarige weduwee wat in Suid-Afrika gebore is maar nou in Brittanje by haar enigste dogter woon, word moontlik deur afgedwingde deportasie in die gesig gestaar, ondanks haar swak gesondheid.
[Resep] Vlaskywe
Dis geen goor werk om hierdie heerlike vlaskywe te maak nie. Jy kook gou ’n vlavulsel en gebruik doodgewone kraakbeskuitjies as kors. Die resep kom van mev. Adelaide Truter van Bellville. Dit is een van die gewildste resepte wat vroeër jare in Huisgenoot verskyn het.
Grensposte gereed vir feesseisoen
Die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe het hul diens aansienlik opgeskerp te midde van 17 000 meer reisigers as gewoonlik wat vandeesweek daagliks deur die grens gaan.
Uittreksel: Jan Spies se “Politiek vir ʼn esel”
“Want geloof is ʼn wonnerlike ding – hy kan vir jou baie krag gee. Maar as jy gló jy kan ʼn ding nie doen nie, dan kan darie einste geloof darem vir jou kragteloos sleg ook maak.” ‘n Lekker Jan Spies-storie vir die vakansie.
Gesin sterf toe huis ontplof
ʼn Gesin van Secunda in Mpumalanga het Maandagmiddag doodgebrand nadat ʼn reuse-ontploffing deur hul huis geruk het.
[Video] Almal kán teken – hierdie ou wys jou hóé
Graham verduidelik in dié video stap vir stap hoe om op ‘n baie eenvoudige wyse verskillende gesiggies te teken, deur telkens dieselfde patroon te gebruik, met enkele wysigings. Hou gerus ‘n pen en papier byderhand!