Nasa moes noodgedwonge sy volgende sending met ’n robottuig na Mars met twee jaar uitstel nadat ’n Franse maatskappy nie betyds probleme met ’n belangrike instrument kon uitstryk nie.
Alles vir Woensdag 23 Desember 2015
Walvis spoel in Strand uit
Die strandgebied in die Strand, Wes-Kaap, is Woensdag vir alle vakansiegangers gesluit nadat die karkas van ʼn walvis uitgespoel het.
Gedig: Maria
Elisabeth Eybers se treffende Kersgedig, “Maria”
Hollywood-akteur bring dinosourus-skedel terug na Asië
Die Hollywood-akteur, Nicolas Cage, het vandeesweek ingestem om ʼn dinosourus-skedel wat hy in 2007 by ʼn veiling aangekoop het, aan Mongolië in Asië terug te besorg. Dié dinosourus-skedel word glo as ʼn nasionale skat van die land beskou.
[Foto’s] Paramedici sit ‘poot’ by
ER24 se span paramedici van Johannesburg-suid moes Woensdagoggend in ʼn ongewone noodgeval hul bystand lewer. ʼn Vrou het by ER24 se basis aangekom om hulp…
Seuns steeds soek by Heroldsbaai
Die twee tienerseuns wat Dinsdagmiddag vermis geraak het nadat hulle by Heroldsbaai in die Suid-Kaap deur golwe van die rotse afgeslaan is, word steeds gesoek.
[Foto’s] Werker 60 uur ná modderstorting in China gered
ʼn Immigrantwerker is Woensdag lewendig gevind nadat hy meer as 60 uur onder die puin van ʼn massiewe modderstorting, wat groot dele van Shenzhen in suidelike China getref het, vasgekeer was.
Goudstad wéér sonder water
ʼn Derde waterpyp wat binne twee weke in Johannesburg gebars het, het inwoners van talle noordelike voorstede Woensdag weer eens sonder water gelaat.
[Video] TBF: Kersvader help met sy kinders se geskenke, skerts Hennie
“Ek glo in Kersvader. Hy help my elke jaar met die kinders se geskenke,” voeg hy laggend by.
SA skenk toerusting vir SAR-verkiesing
Die Suid-Afrikaanse regering het toerusting aan die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) geskenk vir hulle verkiesing Sondag.
Drie vas ná skietgeveg met polisie
Drie vermeende misdadigers is Dinsdag in hegtenis geneem ná ‘n hoëspoed jaagtog en skietgeveg met die polisie.
ANC: ‘Kohler-Barnard is ʼn onbekeerlike rassis’
“Ons almal het geweet dit is net ‘n kwessie van tyd voor die regte DA – die rassistiese, apartheid apologeet en verdediger van wit heerskappy – weer hul ware kleure wys.”
Nuuskommentaar: Zuma se brief aan Kersvader
Pres. Jacob Zuma se wenslysie soos vervat in sy brief aan Kersvader staan sterk in die dampkring van die #ZumuMustFall-veldtog en aanstaande jaar se verkiesing.
Afrikaanse boeke wat jy moet lees: Elsa Joubert
In vandag se gesprek oor Afrikaanse boeke wat jy moet lees, gesels Hans du Plessis en Theresa Papenfus oor Elsa Joubert se boek wat reeds in 13 tale vertaal is en ook verwerk is in ʼn drama.
SA kan dalk by Pole leer
In Pole gebeur tans iets merkwaardigs wat lesse vir Suid-Afrika inhou. Dit gaan om ’n populistiese regering wat die demokrasie ondermyn en deur ’n lewendige burgerlike samelewing beveg word.
Luister: Gesondheid sal grootste geskenk wees vir Sorina
Sorina Eramus wil almal herinner om moeite te doen met hul medemens – iets soos ʼn glimlag of ʼn besoek kan ook ’n besonderse geskenk wees vir iemand.
Luister: Ontmoet vir Dorette, die klassieke roosboompie
Susan Lombaard gesels vandag verder met Hettie en vind meer uit oor die persoonlikheidstipe van kinders wat Immergroen as ‘roosboompies’ beskryf.
Begrond: Deel 13
Luister nou saam na die volgende voorlesing uit die boek ‘Begrond’.”Ek besef, as jy twyfel oor die toekoms – bou dit. As jy iets wil nalaat – plant dit. Hierdie is die begin van my storie. Ek is Faan Venter van Staan Op! se grond – in Afrika is ek geplant, in Christus is ek begrond.”
Berigte verwerp dat Schumi weer kan loop
Michael Schumacher se bestuurder, Sabine Kehm, het ʼn berig in ʼn Duitse tydskrif verwerp dat die voormalige F1-kampioen weer kan loop, twee jaar ná hy ʼn ernstige kopbesering opgedoen het in ʼn ski-ongeluk.
Luister: Die ervaring van koffie maak
Daar is ʼn wye verskeidenheid maniere om jou koppie boeretroos voor te berei. Lani Snyman van Ciro sê egter daar is nie so iets so ʼn regte of verkeerde manier om koffie te maak nie, solank jy die ervaring geniet.