Saam met Jan Rabie, Etienne Leroux, Dolf van Niekerk en André P. Brink het Chris Barnard vir hom ʼn plek oopgeskryf as Sestiger. Dit het hy gedoen as romanskrywer, dramaturg en as skrywer van hoorspele en draaiboeke. Hoewel hy in 1961 met gedigte in Tydskrif vir Letterkunde sy naam gevestig het, was dit met genoemde skryfwerk waarmee hy die vernuwing van Sestig bewerkstellig het.
Lees meerAlles vir Maandag 28 Desember 2015
‘Rower’ ook glo deel van Limpopo-plaasaanval
ʼn 27-jarige man wat die afgelope naweek vir gewapende roof in hegtenis geneem is, is vermoedelik dieselfde verdagte wat Woensdag ʼn boer op sy plaas in die Saamboubrug-gebied naby Alldays in Limpopo oorval het.
ToekomsVenster: Alle sonde is onder die bloed van Jesus
Die uitnemende waarheid is dat alle sonde, ook die slegte dinge van 2015, “onder die bloed” van Jesus en afgehandel is in God se oë. Dis nie nodig om met wroeging en selfverwyt te leef nie.
Ma vas wat glo baba in veld los
ʼn Ma van Potchefstroom, wat glo haar pasgebore baba in die veld gelos het, sal vir die res van die jaar agter tralies bly.
Drie vas vir moord op Pta-polisiekaptein
Drie mans wat Saterdag glo ʼn polisiekaptein van Pretoria vermoor het, is in hegtenis geneem.
Vrou ure lank onder trok vasgepen
ʼn Vrou is Saterdagaand op ʼn ongelukstoneel in Elandskraal, noord van Marble Hall gered nadat sy vir ure lank onder ʼn vragmotor vasgepen was.
Vrou vas na sy glo 6-jarige doodry
ʼn 33-jarige vrou van Kimberley in die Noord-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy Maandagoggend na bewering ʼn sesjarige seuntjie op sy fiets doodgery het.
Identiteit van lyke in Hennopsrivier nog onbekend
Die polisie het teen Maandagmiddag steeds nie geweet wie die twee mense is wie se liggame Sondagoggend in die Hennopsrivier in Centurion gevind is nie.
[Meeste gelees] Die top 10 resepte van 2015
Hier volg die top tien resepte wat in 2015 op Maroela Media verskyn het waaraan lesers die lekkerste gesmul het. Dié resepte is almal ou gunstelinge en eenvoudig om voor te berei. Die nederige melktert maak drie uit die tien keer ʼn verskyning.
KZN-polisieman sterf ná kopskoot
ʼn KwaZulu-Natalse polisiebeampte is Sondag dood nadat hy koelbloedig in sy motor geskiet is.
[Meeste gelees] Top 10 nuuskommentaar-rubrieke van 2015
Lees Herman Toerien se top tien nuuskommentaarrubrieke wat in 2015 op Maroela Media verskyn het. Toerien is ʼn vryskutskrywer van Bloemfontein met ʼn honneursgraad in politieke wetenskap. Artikels uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.
Polisielede glo erg deur Deneysville-inwoners aangerand
Polisiebeamptes in Deneysville in die Vrystaat moes Sondag hul kollegas te hulp snel nadat hulle deur woedende inwoners aangerand en met klippe bestook is.
Polisie ondersoek treinwaens-brande in Kaapstad
Die polisie in Kaapstad ondersoek tans die oorsaak van die brand wat vyf treinwaens by die Kaapstad-treinstasie verlede Sondag verwoes het. Die brand het op platform 15 by die stasie uitgebreek.
VSA maak weer plutonium 238 vir ruimtereise
Die VSA se departement van energie het bekend gemaak hy het daarin geslaag om in samewerking met Nasa sowat 50 gram plutonium 238 te vervaardig.
Skrywer Chris Barnard oorlede
Die bekende skrywer Chris Barnard is Maandagoggend in die ouderdom 76 oorlede.
[Video] Nadia Beukes en haar Nuwejaarsvoornemens
Kyk gerus die video om te sien wat Nadia se voorneme vir volgende jaar is.
[Meeste gelees] Lees die top 10 goeie stories van 2015
As dit vir jou lyk asof daar net negatiewe nuus in die media is, is hierdie ʼn geleentheid om die top 10 goeie stories op Maroela Media wat die meeste in 2015 gelees is, te lees.
Villiersdorp-brand ‘nie bedreiging vir Kaapstad’
ʼn Brand wat al ʼn week in die Wes-Kaapse Villiersdorp-berge woed, sal waarskynlik nie na Kaapstad versprei nie, het ʼn woordvoerder van die stad se brandweerdienste gesê.
[Nuuskommentaar] 2015 in oënskou: Deel 1 – wat ʼn #jaar!
Hoewel 2015 in ʼn groot mate ontvou het as die jaar van die #-veldtogte, het Jacob Zuma se donker skaduwee weer swaar oor die land geval en die konsep onderstreep dat die land hom nie kan bekostig nie. Solidariteit se Plan B het egter reeds begin om ʼn positiewe gees te laat ontbrand.
Maroela Media se Top-20: 28 Desember 2015
In vandeesweek se Top-20 is daar nege snitte wat styg, ses wat daal, drie wat hul posisies behou en twee nuwelinge.