`n Oulap se rooi maak mooi, lui die spreekwoord, en dis ewe waar wat rugby, en dalk veral Superrugby, betref.
Lees meerAlles vir Dinsdag 29 Desember 2015
Blouligongeluk: Gesin vergader nie met staatsveiligheidbeamptes
Herman van Schalkwyk (68) wat dood is in ʼn ongeluk met ʼn ampsmotor van die minister van staatsveiligheid, se gesin weier om met beamptes van sy departement te vergader nadat hulle regsadvies ingewin het.
Drie in hof oor polisiekaptein se moord
Drie mans wat in hegtenis geneem is in verband met polisiekaptein Kenneth Poortman se moord, sal tereg staan op ʼn reeks aanklagte waaronder moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, het die Pretoriase landdroshof Dinsdag gesê.
ToekomsVenster: Sondebelydenis is terapeuties
Sondebelydenis is terapeuties. Dis ʼn geleentheid om afskeid te neem van die verkeerde dinge in jou lewe.
Man kritiek beseer toe motor rol
ʼn Bejaarde man is Dinsdagoggend tussen sy motor en ʼn muur in Umhlanga, KwaZulu-Natal vasgekeer.
Soektog na vermiste seuntjie eindig tragies
Die soektog na die vermiste Matthew Ryan Olivier is Dinsdag afgelas nadat sy liggaam in ʼn leivoor gevind is.
[Meeste gelees] Die top 10 video’s van 2015
Talle video’s het Maroela Media-lesers vanjaar in totale skok of verwondering gelaat. Sommige van dié video’s is wyd op sosiale media versprei. Hiermee die gewildste video’s wat in 2015 op Maroela Media verskyn het.
Toiletpapier: bo-oor of onderdeur?
Die debat duur voort: moet toiletpapier se los stukkie bo-oor of onderdeur hang? Volgens ʼn Amerikaanse sielkundige het jou keuse dalk iets oor jou persoonlikheid te sê.
Halfmiljoen op Durban-strande oor Kersfees
Byna ʼn halfmiljoen mense besoek Durban se strande oor Kerstyd, het Tozi Mthethwa, woordvoerder van die eThekwini munisipaliteit in KwaZulu-Natal, Maandagoggend gesê.
Vyf ontsnapte verdagtes gou weer vas
Vier van die verdagtes wat oor die naweek uit wettige aanhouding ontsnap het, het Maandag reeds in die Mmabatho-landdroshof in Noordwes verskyn.
Kaapstad vra skenkings ná IY-brande
Die stad Kaapstad het Maandag skenkings van klere, kos, meubels en toiletware vir slagoffers van brande in die informele nedersetting, Imizamo Yethu in Houtbaai, gevra.
[Meeste gelees] Die top 10 van Afrikaans
Afrikaans was vanjaar behoorlik op almal se lippe gewees. Dié taal het nie net die tonge laat klap oor Afrikaanse onderrigpraktyke en sy voortbestaan nie, maar ook gesorg vir lekkerleesgedigte en mooi uitdrukkings vir Maroela Media se lesers in 2015.
Regering wil glo e-tolrekeninge in boetes omskep
Dit is onaanvaarbaar dat die regering die feestyd misbruik om stilweg die Aarto-Wet te probeer verander wat daarvoor voorsiening sal maak dat e-tolrekeninge ingevolge dié wet afdwingbaar sal raak, het die VF Plus gesê.
Onervare afrigters gee SA min hoop
Daar is na Vrydag presies agt weke oor voordat die nuwe Super18-reeks afskop, en daar is geen ooglopende rede waarom Suid-Afrikaanse ondersteuners met vertroue na die kompetisie kan uitsien nie.
Nuuskommentaar: 2015 in oënskou: Deel 2 – die aanslag teen Afrikaans
Selfs ’n onvolledige lys van die omvang van die aanslag teen Afrikaans laat die keel toetrek. Die aanslag word sterk gerugsteun deur vyfdekolonners wat dikwels Akademikaans aanwend om hul stief houding teenoor Afrikaans te probeer motiveer.
5 dood in Ventersburg-botsing
Vyf mense is dood en een ernstig beseer in ʼn trompop botsing op die N1-suid, ongeveer 50 km buite Ventersburg in die Vrystaat.
6 dood, 12 beseer in N17-ongeluk
Ses mense is dood en 12 beseer in ’n ongeluk tussen ’n taxi en ’n vragmotor op die N17 tussen Springs en Secunda.
[Meeste gelees] Top 10 fotogalerye van 2015
Niks vertel ʼn storie beter as ʼn prentjie nie. Hier volg die gewildste fotogalerye wat in 2015 op Maroela Media verskyn het.
Motorfietsryer sterf toe vragmotor oor hom ry
ʼn Motorfietsryer, vermoedelik in sy 40’s, is Maandagmiddag dood toe ʼn vragmotor in Durban oor hom gery het.
Man in hof oor Kersfees-verkragting
ʼn 18-jarige wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 12-jarige meisie op Kersdag verkrag het, het in die Komga-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn.