As die naam Martyn Schickerling nie vir jou bekend klink nie, is dit nóú die tyd om regop te sit en aandag te gee. Hierdie jong kunstenaar, wat tans werk onder leiding van die bekende beeldhouer Angus Taylor, is vinnig besig om opgang te maak in die kunswêreld.
Alles vir die maand Desember 2015
Geskorste Phiyega kap polisieminister
Riah Phiyega, geskorste polisiehoof, het ʼn striemende aanval op Nathi Nhleko, minister van polisie, gedoen.
[Video] Só maak jy ʼn Kersklapper
Kersvader en een van sy rendiere het by Suzelle DIY gaan kuier. Dié twee wys jou hoe om oulike klappers te maak vir die feestyd.
Munisipale beampte vermoor glo vrou, brand lyk
ʼn Hoëprofiel munisipale amptenaar in Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou vermoor het en haar liggaam op ʼn stortingsterrein in Winburg aan die brand gesteek het.
Polisieman vas vir moord
ʼn Polisiebeampte van die Delareyville-polisiestasie in Noordwes is Maandag op aanklag van moord in hegtenis geneem.
Afrikaans bly, sê US-raad
Die raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het Maandagaand tydens ʼn vergadering ʼn mosie aanvaar en opnuut bevestig dat verandering aan die taalbeleid nie ten koste van Afrikaans mag wees nie.
Gedagte vir die dag: Verwondering vra oefening
As ’n onskuldige, Here, was ek my hande en draai ek na u altaar toe om my loflied te sing en van al u wonders te vertel. (Psalm 26:6-7)