Vyf kinders het Sondag in die vroeë oggendure in Noordwes doodgebrand terwyl die vrou wat na hulle moes omsien glo by ʼn kroeg was.
Lees meerAlles vir die maand Januarie 2016
Sithole-moordenaars: Vonnisoplegging hervat
Die vonnisoplegging van die twee mans wat verantwoordelik is vir die dood van Emmanuel Sithole het Vrydag in die Johannesburg-landdroshof begin en sal Maandag hervat.
Goue Beker: groot afwagting vir buurspanne
Groot afwagting heers om te verneem watter Namibiese en Zimbabwese klubs later vanjaar aan die oop klubs se nasionale toernooi om die Goue Beker sal deelneem.
SA kry toekenning vir stryd teen malaria
Suid-Afrika het die 2016-Alma-toekenning ontvang vir die stryd teen malaria.
Rouxville-aanval: Vrou steeds kritiek maar toestand verbeter
Cecilia Cilliers word steeds behandel in die intensiewesorgeenheid van Mediclinic Bloemfontein ná ʼn plaasaanval Donderdagaand naby Rouxville in die Vrystaat waarin haar eggenoot, dr. Bennie Cilliers, doodgeskiet is.
Krugersdorp-man val na sy dood by Drie Rondawels
ʼn 34-jarige man is dood nadat hy Saterdag van ʼn 100 meter hoë krans by Drie Rondawels naby Graskop in Mpumalanga geval het.
Man kritiek, twee ernstig ná ineenstorting by winkelsentrum
Drie mans is Sondag beseer weens die ineenstorting van ’n betonblad by Eastgate Mall aan die Oos-Rand.
Man met bottel doodgesteek
ʼn 31-jarige man is Saterdagaand met ʼn gebreekte bottel in die Johannesburgse middestad doodgesteek.
Drie vas ná roof voor kringtelevisiekameras
Drie verdagtes is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle Sondagoggend glo ʼn man voor kringtelevisiekameras in die middestad beroof het.
N4-botsing eis ses
Ses mense, onder wie ʼn kind, is dood nadat twee voertuie Saterdag reg van voor op die N4 naby Belfast in Mpumalanga gebots het.
US-taalbeleid: AfriForum stel regsaksie in
AfriForum se regspan het Vrydag ʼn aanmaning aan die uitvoerende bestuur van die Universiteit van Stellenbosch (US) beteken.
‘Kapers’ vinnig in Durban aangekeer
Twee mans is Saterdag spoedig in Sydenham in Durban in hegtenis geneem kort nadat hulle glo ʼn motor gekaap het.
Drie Lesotho-tieners vas vir dwelmhandel
Drie tieners van Lesotho is Vrydag in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel nadat 125 kg dagga in hul besit gevind is.
Tiener sterf in steengroef
ʼn Vrystaatse seun, vermoedelik 16 jaar oud, is dood nadat hy Saterdag sowat 40 m ver in ʼn steengroef geval het.
Hofbevel om elektrisiteit te herstel
Die burgerregte-organisasie AfriForum sowel as die burgerregte-waghond AfriSake het die Noord-Gautengse hooggeregshof Vrydag op ʼn dringende grondslag genader om ʼn bevel te bekom wat Eskom sal dwing om elektrisiteitstoevoer na onder meer Hopetown, Barkly-Wes en Strydenburg te herstel.
Man sterf ná val van berg
ʼn Man is Saterdag dood nadat hy van ʼn 100 meter hoë krans naby Nelspruit geval het.
Gedagte vir die dag: Veel meer as wat jy bid of dink
Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen. (Efesiërs 3:20-21)
[Video] Só modder-ski jy in die Vrystaat
Jan Jordaan en sy vriende het besluit om die welkome reën, wat die afgelope ruk in die Vrystaat geval het, op ʼn heel ander manier te verwelkom.
Nog paramedici beroof
Minder as 24 uur nadat paramedici in Johannesburg met ʼn vuurwapen aangehou en beroof is, het ʼn soortgelyke voorval in die Wes-Kaap plaasgevind.
Saru het glo nie geweet van Roux-bewerings
Oregon Hoskins het ontken die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) was bewus van ʼn ondersoek na sy uitvoerende hoof, Jurie Roux, ten tyde van sy aanstelling.