Die Noordwes-polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering nadat ʼn winkeleienaar (22) Donderdagaand na bewering ontvoer is en sy is ontvoerders nou ʼn losprys eis.
Lees meerAlles vir Vrydag 1 Januarie 2016
Egpaar langs snelweg geskiet
ʼn Egpaar wat op pad huis toe was van vakansie is Vrydagmiddag geskiet toe hul motor langs die N12-oos in die suide van Johannesburg onklaar geraak het.
Lewe is nie meer heilig nie
Die afgelope Kersseisoen is die lot van so baie verwaarloosde ou mense weer na vore gebring. Baie van hulle word in ʼn versorgingsfasiliteit geplaas en daar vergeet omdat daar nie geld is om ʼn gesin te versorg en ook nog vir die versorging van Ouma of Oupa te betaal nie. Is so ʼn lewe regtig heilig?
Man verdrink in meer
Polisieduikers en paramedici is steeds op die toneel by die La Mercy strandmeer aan die KwaZulu-Natalse noordkus, waar ʼn man vroeër Vrydagmiddag verdrink het.
Bill Cosby in hegtenis geneem
Die bekende Amerikaanse akteur Bill Cosby (78) is Woensdag in hegtenis geneem op ʼn aanklag van seksuele aanranding.
‘Dronk bestuurder’ vas na hy vier kinders raakry
ʼn Man is Donderdagaand in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur en vier kinders raakgery het.
Baba langs KZN-snelweg gebore
ʼn Ma van KwaZulu-Natal het die Nuwejaar saam met haar pasgebore babaseuntjie begroet toe sy onverwags in ʼn apteek begin kraam het.
Goedkoper brandstof in nuwe jaar
Motoriste het vroeg in die nuwe jaar goeie nuus ontvang toe die departement van energie ʼn daling in brandstofpryse aangekondig het.
Man slaan glo kleuter met gordel dood
ʼn Man van Bloemhof in Noordwes is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin se vyfjarige dogtertjie met ʼn gordel doodgeslaan het.
Geen aanklagte teen Zuma, sê presidensie
Die presidensie het Donderdag teruggekap teen ʼn uitspraak van ʼn opposisieparty dat president Jacob Zuma voor die hof gebring moet word op korrupsie-aanklagte deur te sê geen aanklagte is teen die president aanhangig gemaak nie.
Boek van die maand (resensie): ‘Die verdwyning van Billy Katz’ deur Chris Karsten
Ilse Salzwedel resenseer Maroela Media se boek van die maand, ‘Die verdwyning van Billy Katz’, deur Chris Karsten (Human & Rousseau).
Nuuskommentaar: Wat om in 2016 te verwag
Uit heelwat van die nuusopskrifte op Nuwejaarsoggend lyk dit asof 2016 in baie opsigte ʼn naatlose voortsetting van 2015 se minder aangename aspekte sal wees, soos ʼn knellende droogte wat voortduur en so ook internasionale terreur. Die geheim is dat die positiewe aspekte soos ʼn gesonde kerkgemeente, die Solidariteit Beweging se Plan B en ander ondersteun moet word om sin aan elkeen se bestaan te gee en Godgegewe talente te benut.
Brandweermanne beseer toe gebou in Durban brand
Brandbestryders is Donderdagaand beseer terwyl hulle gespook het om ʼn brand in ʼn gebou in Fieldstraat in Durban te blus.
Vrou met helikopter van Tafelberg gered
ʼn Vrou moes op Oujaarsdag met ʼn helikopter van Tafelberg af gered word nadat sy sonsteek opgedoen het.
Nuwejaarsvuurwerke gaan voort na Dubai-hotel brand
Veertien mense het op Oujaarsaand geringe beserings opgedoen tydens ʼn reuse brand by ʼn luukse hotel in Dubai, naby die bekende Burj Khalifa-wolkekrabber.
Begrond: Deel 20
Kom luister nou saam na deel 20 van die boek ‘Begrond’.
Gedagte vir die dag: Zoem in op God se wysheid
Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël en sien ’n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. (1 Korintiërs 13:12)