ʼn Video van ʼn jong seun van Australië wat tydens ʼn krieketwedstryd ʼn waatlemoen sommer so skil en al eet, word wyd op sosiale media versprei.
Lees meerAlles vir Maandag 4 Januarie 2016
Merkel verwerp voorstel oor vlugteling-beperking
Angela Merkel, die Duitse kanselier, het Maandag ʼn voorstel van die leier van ʼn Beierse politieke party verwerp wat die aantal vlugtelinge wat Duitsland jaarliks betree, tot 200 000 sal beperk.
AfriForum staan ook e-tolwetgewing teen
AfriForum het al sy lede aangemoedig om kommentaar te gaan lewer op die voorgestelde wysigings.
SA moet dalk van April mielies begin invoer
Die minister van landbou het Maandag gesê indien daar nie ʼn verligting van die droogte vir boere kom nie, sal Suid-Afrika moontlik van April of Mei mielies van die Verenigde State van Amerika moet invoer.
Agoa-onderhandelinge nou in ‘ekstra tyd’
Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het gesê vooruitgang word gemaak in onderhandelinge om seker te maak dat Suid-Afrika steeds voordele onder die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa)- handelsooreenkoms bly geniet.
Baba verdrink in Pietermaritzburg
ʼn Sestien maande oue baba het Maandag in ʼn swembad in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, verdrink.
ToekomsVenster: Maak tyd vir God
Maak hierdie jaar tyd vir jou verhouding met God, maak dit ‘n prioriteit.
Buitebreier vir Bokke lyk al hoe sekerder
Dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie nog nie `n nasionale hoofafrigter aangestel het nie, dui waarskynlik daarop dat dit iemand sal wees wat nie tans in Suid-Afrika afrig nie.
‘2015-matriekuitslae sal voortbou op vorige jare se gebreke’
Solidariteit Helpende Hand het op die vooraand van die vrystelling van die jongste matriekuitslae gesê die 2014-matriekuitslae het reeds baie verklap van wat van die 2015-uitslae verwag kan word.
Hardloop voor die kaas smelt!
Volgens die SAPD se Facebook-blad het die kind gesê hy hardloop huis toe, want hy is bang die kaas, wat hy pas gekoop het, gaan smelt.
Liggaam op strand toe nie dié van Britse burger
Die vrou wie se liggaam Saterdag op ʼn strand by Durban aangetref is, is nie ʼn Britse burger soos voorheen vermoed is nie.
‘Hou op matriekuitslae in koerante plaas’
Matriekuitslae moenie langer in koerante geplaas word nie.
DA kla vrou aan oor ‘ape’-uitlating
Die DA het strafregtelike aanklagte aanhangig gemaak teen Penny Sparrow, die vrou wie se “ape”-uitlating op Facebook Maandag opslae gemaak het.
Tiener se lyk by KZN-strand gevind
Polisieduikers het Maandag die liggaam van ʼn 15-jarige tiener in ’n strandmeer naby Isipingo in Durban gevind.
Beyoncé wil Saartjie Baartman vertolk
Die gewilde popster, Beyoncé, gaan die hoofrol in haar eie fliek speel wat die lewe van die Khoi-San-vrou Saartjie Baartman uitbeeld.
Blinde meisie (7) vertel hoe sy fliekkarakters sien
ʼn Hartroerende advertensie waarin ʼn sewe jaar oue blinde meisie die 1939-fliek The Wizard of Oz beskryf, roer behoorlik die hartsnare.
Egpaar dood op plaas gevind
Die liggame van ’n egpaar is op ’n plaas buite Kimberley in die Noord-Kaap gevind.
Duitsland bou ‘Autobahn’ vir fietse
Duitsland bou tans ʼn hoofweg van oor die 100 km vir fietse wat uiteindelik 10 stede met mekaar sal verbind.
Rowers slaan op Noordwes-bank toe
Gewapende rowers het Maandagoggend die Absa-bank in Stella, tussen Vryburg en Mahikeng in Noordwes, van “ʼn aansienlike bedrag geld” beroof.
Vierde man in hof oor moord op polisiekaptein
ʼn Zimbabwiese burger (25) het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van moord op polisiekaptein Kenneth Poortman.