ʼn Senior nuusleser van eNCA is in die sop nadat hy glo ʼn bespotting gemaak het van Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se uitspraak.
Alles vir Donderdag 7 Januarie 2016
Luré wil eendag ʼn sakevrou word
Luré Viljoen van Hoërskool Paarl Gimnasium in die Wes-Kaap het agt onderskeidings ingepalm in matriek: Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, ingenieursgrafika en ontwerp, besigheidstudies en rekenaartoepassingstegnologie.
Avontuurlustige Schalk wil in die buiteland gaan werk
Schalk Marais van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch spog met agt onderskeidings: in Engels, Afrikaans, Frans, wiskunde, rekeningkunde, lewensoriëntering, ekonomie en fisiese wetenskappe.
Elizabeth droom daarvan om ʼn dokter te word
Elizabeth Labuschagne van Hoërskool Paarl Gimnasium het agt onderskeidings ingepalm in matriek – in Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, lewensoriëntering, ingenieursgrafika en ontwerp asook Frans.
Gedagte vir die dag: Wees gereed!
Bly waaksaam, omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie. Om dieselfde rede moet julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie. (Matteus 24:42, 44)