Die plaaslike verkiesing vanjaar gaan die moeilikste een nog wees vir die ANC, het pres. Jacob Zuma Vrydag gesê.
Lees meerAlles vir Vrydag 8 Januarie 2016
Penny Sparrow se lidmaatskap opgeskort
Die DA in KwaZulu-Natal het Vrydag aangekondig Penny Sparrow se lidmaatskap van die party is opgeskort na aanleiding van haar uitlatings op sosiale media.
Vrou dood, talle beseer in busongeluk
ʼn Vrou is dood en meer as 40 mense beseer in ʼn busongeluk in Port Elizabeth in die Oos-Kaap.
Winkeleienaar ontvoer: Ses vas
Ses verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ʼn winkeleienaar wat vir sewe dae lank aangehou is.
Nazi-vlae en vuurwapens: Man kry borgtog
Die 70-jarige man wat in hegtenis geneem is nadat vuurwapens, ammunisie, weermagtoerusting en Nazi-vlae glo in sy huis gevind is, het Vrydag in die hof verskyn.
ToekomsVenster: Hy het opgestaan
As getuies van die oop graf (in die geloof) staan ons voor dieselfde opdrag wat die vroue ontvang het. “Hy gaan julle vooruit … soos Hy vir julle gesê het.”
Vier boere vas na verdagtes sterf
Vier boere is in Parys in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat twee vermeende plaasaanvallers dood is.
ANC-leier aangekla: Naam bekend gemaak
Die ANC het Vrydag bevestig dat ʼn klag teen een van sy senior leiers aanhangig gemaak is.
Twee vas na diefstal van miljoene
Twee verdagtes wat aangekeer is in verband met die diefstal van miljoene rande uit ʼn kluis in die Pretoria-kantoor van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA), het Vrydag in die hof verskyn.
Hulp vir droogtegebiede
Die totale skenking beloop ongeveer 119 680 liter water.
Senior ANC-leier glo aangekla
ʼn Klag wat verband hou met ʼn misdryf van ʼn seksuele aard is glo teen ʼn senior ANC-leier aanhangig gemaak.
Slimkop ‘leer om te verstaan’
Luke van Eyk, slimkop van die Hoërskool Kempton Park, het nege onderskeidings in die afgelope matriekeksamen behaal.
Amptenaar geskors oor Facebook-uitlating
Die Gautengse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning het bevestig dat ʼn werknemer geskors is na aanleiding van uitsprake op sosiale media.
Aan die boer, vergewe ons…
My hart bloei vir die boer wat sy haelgeweer moet laai en die besluit neem om sy beeste te skiet. Om in die kraal of land in te stap en jammer te sê vir sy Skepper dat hy dit nou moet doen – my hart bloei vir die boer. As ek só gevoel het oor een skaap waarna ek moes omsien, hoe hartverskeurend is dit nie vir ʼn boer wat sy beeste in die oë moet kyk en saggies vir hul jammer sê voordat hy die sneller trek nie?
Droogtehulp aan boere
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag aangekondig dat hy boere in gebiede wat deur die teisterende droogte gekniehalter word, van hulp gaan wees.
Centurion-egpaar aangeval: ‘Hulle het gekom om ons te vermoor’
Die Jones-egpaar van Centurion wat Donderdagoggend ten aanskoue van hul tienjarige seun in hul huis in Eldoraigne, Centurion, aangeval is, het Vrydag vertel van die vreesaanjaende ervaring en hoe hulle vir hul lewens moes veg.
Pretorianer een van SA se mooiste manne
Uit ʼn groot aantal mans wat benoem is, is hy deur die publiek as “Mnr. Julie” aangewys. Hy is die enigste sanger wat vanjaar op die kalender verskyn.
[Foto’s] Só warm, jy kan koekies in die kar bak!
Mense spot gewoonlik wanneer dit só warm is en wonder dan of jy ʼn eier sou kon bak in die son. Deon Rossouw van Phalaborwa in Limpopo het een stappie verder gegaan: kan mens koekies bak in ʼn motor?
Nuuskommentaar: Die fisiologie van versoening
Die huidige rasseherrie wil maar nie wyk nie en ons ook niks nader aan ’n werkbare oplossing bring nie. Die afgelope dekades was daar verskeie verspeelde kanse, maar is dit nou te laat om rasseverhoudinge op ’n gesonde grondslag te plaas? Herman Toerien stel ondersoek in.
Hittegolf: Kraaie gaap en rekords spat
Die versengende hitte wat groot dele van die land die afgelope week geteister het, het verskeie temperatuurrekords in die slag laat bly.