Pres. Jacob Zuma het nie eensydig opgetree toe hy die belastingwetsontwerpe wat met pensioen- en voorsorgfondse verband hou, onderteken het nie, het die presidensie Vrydag gesê.
Lees meerAlles vir Vrydag 15 Januarie 2016
Teenkanting ná minister PanSAT ontbind
Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur wat Woensdag aangekondig het dat hy die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) ontbind het weens swak prestasie en ʼn gebrek aan leierskap, se besluit word uit talle oorde veroordeel.
Mos Def beveel om SA te verlaat
Die Amerikaanse hip hop-ster en akteur, Yassin Bey (voorheen bekend as Mos Def), is deur die landdroshof in Bellville aangesê om Suid-Afrika te verlaat nadat hy in hegtenis geneem is in verband met sy visumtermyn wat verstryk het.
Stad Kaapstad sal optree teen ‘Zuma must fall’-plakkaat
ʼn Reusagtige plakkaat met die woorde, “Zuma must fall” is Vrydag glo onwettig in Kaapstad opgeplak.
FW de Klerk-stigting lê 45 klagtes oor rassisme teen witmense
Die FW de Klerk-stigting het klagtes by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aanhangig gemaak teen 45 sosialemedia-plasings wat glo geweld teen wit Suid-Afrikaners aanhits.
[Video] Braai, terwyl jy nog kán
Verbruikers moet hulle staal vir ‘n reuse-styging in die prys van rooivleis.
Twee vas oor kaping in Kaapstad
Twee verdagtes is Vrydagoggend in Claremont in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn Volkswagen Polo gekaap het.
ToekomsVenster: God neem ons deur die storm
Die Here help ons nie noodwendig wegkom van die storm af nie, maar neem ons daardeur en leer ons nog ʼn stukkie oorlewingskuns.
SA sanger vir Grammy benoem
Hy speel al van 11-jarige ouderdom die kitaar en was heeltyd omring deur musiek. “As jy grootgeword het in die kerk, soos ek, dan is daar altyd musiek om jou.”
21 vas wat glo bier aan onwettige myners wou smokkel
Die Vrystaatse polisie het Donderdag 21 mense in hegtenis geneem en beslag gelê op R1,5 miljoen se bier wat glo vir onwettige myners bedoel was.
Luister: Jacobus Silwer sprei vlerke met ‘genade’-debuut
Die sanger en liedjieskrywer Jacobus Silwer het onlangs baie aandag getrek met die debuutliedjie vir sy solo-loopbaan, “Genade vir Afrika”.
‘Kaper’ in KZN doodgeskiet
ʼn Vermeende kaper is Donderdag by Mariannridge, naby Pinetown in KwaZulu-Natal, noodlottig gewond toe hy hom teen die polisie verset het.
ANC katrol die Engelse pers in
Asof die ANC die rand en die land nie genoeg skade berokken het nie, het hy sy tande ook diep in die Engelse pers ingeslaan met die ietwat bedekte oorname van Independent Media se 18 koerante deur Iqbal Survé se Sekunjalo-konsortium, grotendeels met regeringsgeld.
Hittegolf wink vir Kapenaars
Kapenaars kan hulle staal vir ʼn hittegolf wat die stad die naweek gaan tref.
Redakteursbrief: 2016: ʼn Jaar van nuwe hoop
“Ek is nie een vir nuwejaarsvoornemens nie, maar iewers in my agterkop het ek my wel voorgeneem om vanjaar my inspirasie te kry uit klein goetertjies…”
Jennifer Zamudio het dubbeldoor-verrassing
Die Afrikaanse sangeres Jennifer Zamudio het ʼn dubbele verrassing om met aanhangers te deel.
Polisie verras Jack Parow 6 jaar later
Die Afrikaanse kletsrymer, Jack Parow, was aangenaam verras toe hy onlangs ʼn oproep van die polisie ontvang het.
Man glo deur tuinier vermoor
ʼn Man van Isipingo, naby Durban, is dood nadat sy tuinier hom na bewering tydens ʼn rusie vermoor het.
‘Dronkbestuur’-diplomaat teruggeroep
Die Suid-Afrikaanse diplomaat by die ambassade in Noorweë, wat na bewering met ʼn ambassadevoertuig in ʼn ongeluk was terwyl hy onder die invloed van alkohol bestuur het, is na Suid-Afrika teruggeroep.
Betogers maak amok buite Tuks
Die voortslepende staking by die Universiteit van Pretoria (Tuks) se hoofkampus in Hatfield het Vrydag kookpunt bereik toe stakers glo twee vragte sand in strate naby die kampus gestort het.