Die parlement se portefeuljekomitee oor binnelandse sake het Vrydag die gewelddadige onluste wat Woensdag by die Marabastad vlugteling-ontvangingsentrum in die Pretoriase middestad uitgebreek het, veroordeel.
Alles vir Vrydag 15 Januarie 2016
Woord: klugtig
Taaltoffie ondersoek die woord “klugtig” in Afrikaans
[Resep] Hoenderpastei vir baie
Ek onthou die hoenderpastei van my kleintyd wat my tannie Martie so lekker kon maak, met haar eie tuisgemaakte skilferkorsdeeg.
Gratis universiteitstudie: Kommissie aangewys
ʼn Kommissie van ondersoek is deur pres. Jacob Zuma aangewys om die befondsing van universiteite, asook moontlike gratis tersiêre onderwys, te ondersoek.
Die mistieke Noord-Koreane en die Kim-dinastie
Noord-Korea se aanspraak dat hy vroeg in Januarie 2016 ʼn waterstofbom laat ontplof het, het die wêreld weer laat regop sit. Noord-Korea, ook bekend as die Demokratiese Volksrepubliek van Korea (DVRK), is die een land in die wêreld wat steeds vierkantig vasgevang is in die Koue Oorlog.
Nuuskommentaar: Saboteer jou eie saak
Die onlangse gebeure op Parys in die Vrystaat en veral die “ondersteunende” betogings, toon aan hoe maklik ongure gedrag ʼn hele volk se saak kan benadeel.
Ruimtefoto: Weerlig oor SA
Die Britse ruimtevaarder Tim Peake het hierdie merkwaardige foto van weerlig oor Suid-Afrika uit die internasionale ruimtestasie geneem.
Man gesoek oor Claremont nagklub-moord
Die Wes-Kaapse polisie is op soek na ʼn 35-jarige man wat glo meer inligting kan verskaf oor ʼn voorval waartydens Carl Schoombie (27) dood is toe hy aangerand is kort nadat hy ʼn nagklub verlaat het.
Bekende sangeres se man sterf
Angélil is op 16 Januarie 1942 in Montreal, Québec, gebore en was Celine Dion se bestuurder toe sy maar net 12 jaar oud was, tot en met 2014.
Registrasie gaan voort by Unisa
Studenteregistrasie by Unisa gaan voort, ten spyte van verskeie protesoptogte die afgelope week.
Romanza-boek van die week: Die stadsjapie se moses
Heléne vlug na haar grootouers se plaas waar sy hoop om nooit weer ʼn man te sien nie. Met die intrapslag loop sy haar egter in die aantreklike David Erlank vas en die vonke spat.
Vrou sterf in Laeveld-storm
ʼn 30-jarige vrou is Donderdagmiddag dood nadat sy op ʼn plaas naby Nelspruit in Mpumalanga deur weerlig getref is.
Voormalige Protea-krieketspeler aangekla van knoeiery
Krieket Suid-Afrika (KSA) het Donderdag bevestig die voormalige Proteas-krieketspeler, Gulam Bodi, is aangekla in verband met bewerings van wedstrydknoeiery gedurende die 2015 RAM SLAM T20 Challenge-reeks.
PE-sakeman vry na verkragtingaanklag
Johann Dreyer, ʼn sakeman van Port Elizabeth, wat deur twee voormalige werknemers van verkragting en seksuele aanranding beskuldig is, is onskuldig bevind.
KZN-verkeersbeampte by werk doodgeskiet
Pietermaritzburg se hoofverkeersbeampte is Donderdagmiddag glo deur ʼn junior beampte doodgeskiet.
Gedagte vir die dag: Maak ’n verskil
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die eer toe. As ons Vader oorstroom Hy ons met sy goedheid. As ons God troos Hy ons. Hy staan by ons en help ons in al ons krisisse. Daarom kan ons ander mense help en troos wanneer hulle swaarkry. Ons kan presies dieselfde troos met hulle deel as wat God met ons gedeel het. (2 Kor. 1:3-4, Die Boodskap )