Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het Sondag weereens bewerings deur die DA ontken dat sy departement betaal het vir die bokskampioen, Floyd Mayweather, se besoek in 2014 aan Suid-Afrika en dat Mbalula belastingbetalers se geld gebruik het om Las Vegas in die VSA te besoek.
Lees meerAlles vir Sondag 17 Januarie 2016
Duisende Wes-Kaapse matriekdruipelinge kry tweede kans
Meer as 7 000 matrieks in die Wes-Kaap sal ʼn tweede kans kry om hul matriekeksamen te slaag.
Visserman gesoek na hy oorboord val
Daar is steeds geen teken van die visserman wat vermoedelik Sondagoggend van ʼn vissersboot afgeval het wat naby die Port Elizabeth-hawe geanker was nie.
Paartjie wreed op plaas aangerand; man dood
ʼn Bejaarde man is dood en ‘n vrou ernstig beseer nadat hulle glo op hul plaas naby Dirkiesdorp in Mpumalanga oorval en erg aangerand is.
Veldren-entoesias gedurende rooftog doodgeskiet
ʼn Bekende in veldren-kringe in Krugersdorp is Saterdagaand gedurende ʼn gewapende rooftog in sy huis doodgeskiet.
Jong sokkerster dood in Pietermaritzburg-motorongeluk
Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het Sondag gesê Suid-Afrikaanse sokker het een van sy blinkste sterre verloor nadat Pietermaritzburg United se sokkerster, Mondli Cele, Sondagoggend in ʼn motorongeluk dood is.
Rioolstorting in Oranjerivier gestaak
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Saterdag die Joe Gqabi Distriksmunisipaliteit geloof nadat die munisipaliteit stappe gedoen het om die storting van rou riool in die Oranjerivier te staak.
Twee dood toe motor in rivier beland
Twee mense is dood nadat hul voertuig Sondagoggend gerol en in ʼn rivier in Pietermaritzburg beland het.
Tiener vas vir bende-skietvoorval
Polisiebeamptes in Grassy Park in Kaapstad het ʼn tienerseun in hegtenis geneem, nadat ʼn bendelid buite ʼn winkel in Parkwood in die stad geskiet is.
Boek: Jasper op hoërskool
Jasper is die kêreltjie wat omgekrap raak as iemand na sy borselkop verwys as “poenskop”, en wat saam met die ander drie lede van die Viermanskap – Mossie, Giep en Ferdinand – baie avonture beleef.
Tweede hartseer vir Celine Dion
ʼn Tweede tragedie het die sangeres, Celine Dion, getref, enkele dae nadat haar man, René Angélil (73), aan kanker oorlede is.
Eskom stel nuwe tesourier aan
Eskom het aangekondig Anoj Singh, die groep se finansiële hoof, sal die rol as tesourier oorneem, na die voormalige tesourier se bedanking.
Twee sterf in botsing buite Fochville
Twee mense is dood en vier beseer toe twee motors reg van voor op die N12 buite Fochville gebots het.
Boek: Gereed vir die wederkoms?
Wat is werklik belangrik – hoe die wêreld jou sien of hoe God jou sien? Dit is hierdie besef en die heerlikheid wat in die toekoms wag, wat dit vir Christene draaglik maak wanneer hulle ervaar hoe die wêreld hulle eenkant toe stoot.
Gedagte vir die dag: Soek na God se wil
Saai volgens my wil, en julle sal my liefde oes. Ploeg vir julle ’n nuwe land! Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet. (Hosea 10:12)