Foto’s van die “onbaatsugtige” daad van brandbestryders van Riverside in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië word wyd op sosiale media gedeel.
Lees meerAlles vir Maandag 18 Januarie 2016
ANC: ‘Betaal asseblief studiegeld’
Ouers wat kan bekostig om hul kinders se universiteitsgeld te betaal moet dit doen ten einde te verhoed dat die land se tersiêre instellings disfunksioneel raak of heeltemal tot stilstand kom, het die ANC gesê.
Geskorste amptenare kry glo miljoene
Mpumalanga se provinsiale regering het glo die afgelope boekjaar miljoene rande spandeer op beamptes wat as voorsorgmaatreël geskors is.
Kontrakwerkers betoog steeds by Pta-universiteite
Bedrywighede by die Universiteit van Pretoria en die Unisa word steeds ontwrig deur betogende kontrakwerkers onder die vaandel van #OutsourcingMustFall.
Stappe kom dalk ná ‘Zuma must fall’-plakkaat
Die eienaars van die advertensieruimte waar die reusagtige “Zuma must fall”-plakkaat in Kaapstad se middestad aangebring is, kan moontlik aangekla word.
10-jarige skiet glo vriend dood
Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn voorval waartydens ʼn tienjarige seun glo sy 12-jarige vriend doodgeskiet het.
ToekomsVenster: Oorgawe aan God
Ek dink die Here wil hê dat ons ons weerloosheid sal begryp en Hom onvoorwaardelik sal vertrou. ʼn Mens moet uiteraard alles doen wat jy kan om ʼn veilige ruimte te skep. Maar meer as dit kan ʼn mens nie doen nie. Al wat jy kan doen is om jou oor te gee en ten volle te vertrou.
AbaThembu-koning weer in hospitaal
Buyelekhaya Dalindyebo, die voormalige AbaThembu koning, is Sondagoggend weer in die Life Oos-Londen-hospitaal opgeneem, het die Oos-Kaapse korrektiewe dienste bevestig.
Matriekvraestel lek uit: Hof sê oor uitslae
Leerlinge van ʼn skool in Limpopo wat betrek is by die uitlek van ʼn matriekeksamenvraestel het die hooggeregshof genader om hul uitslae te kry.
[Video] Onwettige parkeerder leer sy les
ʼn Man wat onwettig op ʼn rystoelparkering parkeer het, het ʼn groot verrassing gekry toe hy na sy motor terugkeer.
Seun sien op Skype hoe ouers beroof word
ʼn Jong man in Frankryk moes via Skype toekyk hoe sy ouers in hul huis in Melville, Johannesburg, deur gewapende rowers oorval word.
Wat nou van meertaligheid?
PanSAT se primêre mandaat is die bevordering van meertaligheid via hierdie strukture. En die ontbinde raad het probeer om die organisasie se struktuur reg te skud sodat die mandaat voorkeur kan kry. Wat nou gaan gebeur, is onseker, want daar is weereens ʼn leierskapsvakuum.
[Video] Baba uit puttoilet gered
ʼn Vrou is in hegtenis geneem nadat ʼn pasgebore baba Sondag uit ʼn puttoilet naby Louis Trichardt in Limpopo gehaal is.
Klipkouers: Jacques gesels met Kobus Wiese
Kobus Wiese is ʼn oud-Springbok rugbyspeler wat deel was van die Rugby Wêreldbeker-wenspan van 1995. Sy kleintyd-liefde vir kos en kook het gelei tot Kobus en sy vrou, Belinda, se eerste koffiewinkel, Wiesenhof, wat oor die jare gegroei het tot 65 koffiewinkels.
[Foto’s] ‘Zuma must fall’-plakkate laat sosiale media gons
Plakkate met die woorde “Zuma must fall” wat kwansuis skielik wêreldwyd in bekende openbare plekke soos New York en Londen opgesit is, het sosiale media aan die gons.
Man moor glo oor wyn
ʼn 31-jarige man van Port Elizabeth in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn ander man oor wyn vermoor het.
Pastoor vas na hy tienerseun glo verkrag
ʼn Oos-Kaapse pastoor het Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn nadat hy na bewering ʼn 16-jarige seun verkrag het.
Nuwe vrystellings: 18 Januarie 2016
Verskeie Afrikaanse kunstenaars het die afgelope tyd nuwe musiek vrygestel. Hier is Daantjie Dinamiet se lys van die gewildste nuwe Afrikaanse vrystellings.
Zuma sê jammer oor aardrykskunde-flater
Pres. Jacob Zuma “betreur” die feit dat hy gesê het Afrika is die grootste kontinent.
1% van wêreld ryker as al die res
Die wêreld se rykste 1% besit meer rykdom as die res van die wêreld saam, het Oxfam International bekend gemaak.