’n Groot en sterk afvaardiging verteenwoordig Suid-Afrika vanjaar by die WEF se Davos-beraad, maar die vraag bly wie die diepste spore gaan trap – Pravin Gordhan of pres. Jacob Zuma wat die afvaardiging lei. Gordhan se taak is moeilik genoeg sonder die los kanon wat Zuma gereeld is.
Alles vir Woensdag 20 Januarie 2016
Pta-polisieman doodgeskiet: Dubbele tragedie vir broer
Dit is die tweede tragedie wat Hennie in ʼn kort tydjie tref nadat sy vrou, Jackie (49), drie weke gelede onverwags aan ʼn hartaanval oorlede is.
Maak gereed vir ’n goeie jaar
Met die eerste skooldag waarvoor almal gretig gewag (of moontlik gevrees) het nou agter die rug, is dit tyd om vorentoe te kyk en te bepaal hoe jy jou kind vir sukses kan voorberei. Hier is ’n paar dinge wat jy nóú kan doen om ’n goeie begin te verseker!
[Resep] Afval met uie
Sommige mense is maar skrikkerig vir afval, maar kyk net hoe lekker lyk dié resep!
Newlands Rotariërs help Kaapse brande bestry
Die Kaapse Skiereiland het pas ʼn noodreaksievoertuig as geskenk gekry waarmee brande in die gebied bestry kan word. Kaapstad en omstreke gaan die afgelope tyd gebuk onder hewige veldbrande.
‘Bid vir haar’, vra ma van 11-jarige met nierversaking
“Sy mag nie klasse wissel nie, nie trappe klim nie of ʼn swaar tas dra nie. Dis maar swaar vir haar.”
ANC-vroueliga veroordeel boude-betoging
Die ANC-vroueliga het Woensdag gesê die liga is “erg geskok” oor die optrede van vroue wat vandeesweek hul boude ontbloot het tydens ʼn betoging by die ANC se streekkantoor in Pretoria.
Boek: Recce
Die boek bied ’n onthullende blik op die lewe van ’n Recce en hul amper bomenslike fisieke en geestelike uithouvermoëns. Die skrywer vertel ook aangrypend hoe sy vrese moes konfronteer en oorkom.
Vyf kinderlyke in vrieskas gevind
ʼn Ouma van Kakamas in die Noord-Kaap het Dinsdag op die liggame van haar vyf kleinkinders in ʼn ongebruikte vrieskas afgekom.
Luister: ‘Tainted Heroes’ vertel ander kant van geskiedenis
Forum Films verwag dat sy debuut, Tainted Heroes, wye reaksie in die rolprentbedryf gaan uitlok, het Solidariteit se bestuurshoof, dr. Dirk Hermann, Maandag by die première van dié dokumentêre prent gesê.
Wits, studente bereik ooreenkoms
Die universiteit het gesê ná uitgebreide gesprekke met studenteleiers, veral oor studente se studieskuld, is daar op sekere maatstawwe ooreengekom.
Twee kleuters sterf in warm motor
Twee kleuters van Durban is Dinsdag dood toe hulle nie uit ʼn ongebruikte motor waarin hulle gespeel het, kon uitkom nie.
14 sterf in gru-botsing
Minstens 14 mense is dood toe ʼn dubbelkajuitbakkie wat talle mense vervoer het en ʼn vragmotor Woensdagoggend in Limpopo gebots het.
D-dag kom vir man ná hoofseun se dood
Schalk Lubbe (25) van Hermanus in die Wes-Kaap word Vrydag gevonnis in verband met ʼn noodlottige ongeluk waartydens die voormalige hoofseun van Milnerton High School in Kaapstad gesterf het.
Twee vas oor R12 m. se mandrax
Twee verdagtes is op die N1 naby Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hulle glo mandraxtablette ter waarde van R12 miljoen in hul besit gehad het.
Vyfjarige sterf toe hy uit venster val
ʼn Vyfjarige seun is Dinsdagaand dood toe hy uit die venster van ʼn woonstel op die negende verdieping van ʼn gebou in Overport, Durban, geval het.
Gedagte vir die dag: Liefde vir God bied ewige hoop
Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God isgetrou: Hy doen wat Hy beloof het. Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. (Hebreërs 10:23-24)
Gedagte vir die dag: Vervang jou vrese met geloof
Ek dink ook aan jou opregte geloof. Die Gees wat God ons gegee het, maak ons nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. (2 Timoteus 1:5, 7)