ʼn Video van ʼn seuntjie wat met sy vermiste troeteldier herenig word, is ʼn duidelike bewys: ʼn hond is jou beste vriend.
Lees meerAlles vir Vrydag 22 Januarie 2016
Oliebolle vir SA se soettande
Suid-Afrikaners kan hul tande slyp vir meer as 250 Dunkin’ Donuts-restaurante en 70 Baskin-Robbins-winkels wat binne die volgende paar jaar in die land gaan oopmaak.
MTN skik buite die hof oor Nigerië-boete
MTN het Vrydag gesê die maatskappy is ʼn lewenslyn aangebied toe Nigeriese owerhede bepaal het dat ʼn boete van $3,9 miljard buite die hof geskik mag word.
SA’ners gewaarsku oor voedseltekorte
Die minister van landbou het Vrydag gesê Suid-Afrika het sy oesverwagtinge hersien weens die huidige droogtetoestande wat een van Afrika se grootste ekonomieë raak.
Huisarres ná hoofseun se dood
ʼn Man is Vrydag gevonnis nadat hy nagenoeg drie jaar gelede in ʼn groep voetgangers in Hermanus vasgery het.
ToekomsVenster: Aan God se kant
Hy staan aan die kant van die weerloses, gemarginaliseerde, armes en gebrokenes, die verontregtes en vergete mense van ons wêreld. Ons moet seker maak dat ons en God aan dieselfde kant is.
Dakar: Die hele boksemdais was Suid-Afrikaans
Verbeel jou ʼn sit in ʼn motor wat die een dag soos ʼn oond voel terwyl jy oor duine moet jaag, net om die volgende dag paaie vol sneeu aan te durf.
Prinshofskool spog met 100%-slaagsyfer
Al 26 matrikulante van die Prinshofskool vir visueelgestremdes in Pretoria het die 2015 NSS-eksamen geslaag. Boonop het die matrikulante ʼn totaal van 14 vakonderskeidings behaal.
Rasseherrie oor Paul Kruger-foto
Nog ʼn herrie oor beweerde rassisme het Vrydag op sosiale media losgebars nadat ʼn foto van Anchen Dreyer, DA-LP, wat langs ʼn kartonuitknipsel van Paul Kruger staan, wyd versprei is.
[Resep] Wasgoedbondeltjies
Nie almal hou van wasgoed was nie, maar dié wasgoedbondeltjie klink soos min moeite!
Droogtehulp: Water op pad na die Vrystaat
Sowat 7 000 ℓ water word vandag danksy die burgerregte-organisasie AfriForum en die selfoonnetwerkverskaffer Cell C na die Vrystaat vervoer.
Gebrande liggaam in Oos-Kaap gevind
Die Oos-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die erg gebrande liggaam van ʼn man Donderdag naby King William’s Town gevind is.
Droogtehulp-groepe groei vinnigste ter wêreld
Suid-Afrikaners het behoorlik hande gevat in die droogtetoestande met die Facebook-groepe “Boere in nood” en “Water Shortage South Africa” wat tans die twee Facebook-gemeenskappe is wat die vinnigste ter wêreld groei.
‘Sit ons asseblief in die ry om hulp te kry’
Ek voel oneindig jammer vir my eie man en vir elke boer. Hulle hou hulle sterk.
Taliban-moorde: ʼn Nuwe begin in geloof
Dr. Hannelie Groenewald se lewe is minder as ʼn jaar gelede lewe abrup verander toe haar gesin in hul huis in Afganistan deur ’n Taliban-moordbende uitgewis is.
Woord: tinteltonnetjie
Ons het almal ‘n “tinteltonnetjie” – en jy weet presies waar hy sit wanneer jy hom stamp! Lees vandag se Taaltoffie vir meer oor dié woord
Stakings beplan teen nuwe Pensioenwet
Die metaalwerkersvakbond Numsa het Vrydag gesê sy werkers beplan ʼn twee dag lange staking teen die nuwe pensioenwet wat werknemers verhoed om hul pensioene te onttrek as hulle bedank.
‘Dit gaan oor porsiebeheer’, meen dieetkundige
As dieetkundige is Hilda gefokus op gesonde kos, maar omdat sy ook ʼn liefde vir kos het, sê sy dat kos ook lekker moet wees.
Bejaarde deur hond verskeur
ʼn Bejaarde man is Donderdagmiddag gedurende sy middagstappie op ʼn pad tussen kleinhoewes in die Carletonville-omgewing in Gauteng deur ʼn hond verskeur.
Limpopo-dwelmsindikaat oopgevlek
ʼn Jaar lange ondersoek deur die Valke het gelei tot die inhegtenisneming van ʼn bekende dwelmbaas en sewe van sy werkers in Groblersdal Vrydagoggend.