Janetta van Niekerk, die stigter en skoolhoof van Laerskool Die Krans, sê háár onderwysfilosofie het tot groot sukses gelei vir ʼn unieke plaasskooltjie in die stad.
Alles vir Vrydag 22 Januarie 2016
Ses sterf in afsonderlike ongelukke
Paramedici van verskeie nooddienste het Donderdagmiddag en Vrydagoggend hul hande vol gehad met minstens vier noodlottige ongelukke waarin ses mense dood is.
VSA-sneeustorm: SAL-vlugte gekanselleer
SAL het Vrydag al sy vlugte na Washington DC in die VSA gekanselleer nadat ʼn noodtoestand in vyf Amerikaanse state aangekondig is weens ʼn hewige sneeustorm wat op pad is.
Hoekom het jy ʼn dokter geword?
Daar is regtig goeie dokters en hulle weet wie hulle is, maar vir daardie dokters wat nie tyd het vir die sorg van hulle pasiënte nie, wat ons mensies so behandel – ek weet nie hoekom het julle al daardie jare aan die universiteit deurgebring nie.
‘Growwe ongehoorsaamheid’ lei tot kommissaris se skorsing
Die KwaZulu-Natalse streekskommissaris van korrektiewe dienste, Mnikelwa Nxele, is summier geskors, het die departement gesê.
Bus tref Affie-seun by skool
Schalk Viljoen, ʼn graad 11-leerder aan Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria, is in die Muelmed-hospitaal opgeneem nadat hy Vrydagoggend op pad skool toe deur ʼn bus raakgery is.
Uitgebreide kragonderbrekings aan Oos-Rand ná brand
ʼn Brand Vrydagoggend by ʼn kragsubstasie in Benoni het grootskaalse kragonderbrekings aan die Oos-Rand veroorsaak.
‘Dit is en bly kuns,’ sê tatoeëerkunstenaar
“In ons winkel speel ons nie jou tipiese ‘heavy metal’-musiek nie. Ons lol ook nie met die kliniese teëlvloere wat sommige mense kan intimideer nie. Ons is in die bedryf vir die kuns; daar is geen ego betrokke by dit wat ons doen nie.”
Nuuskommentaar: Sal die regte Zuma nou opstaan?
Ongeag die vyeblare wat die regering voorhou oor hoekom pres. Jacob Zuma hom in Davos aan ’n TV-paneelbespreking deur Afrikaleiers onttrek het, die feit bly dat dit ’n verleentheid vir Suid-Afrika was. Weliswaar dalk ’n kleiner verleentheid as sou hy wel deelgeneem en drooggemaak het. Met meer feite beskikbaar kan egter veel wys geraak word oor hoe Zuma se toekoms in die ANC lyk. Nou kan slegs aan die hand van onbevestigde nuusbrokkies bespiegel word.
[Foto’s] Vishoek-brand onder beheer
Die groot veldbrand wat in Vishoek naby Kaapstad gewoed het, is Donderdagaand onder beheer gekry.
Kampsbaai-moordbeskuldigde nie in hof
Die verhoor van Guatemalaanse moordbeskuldigde Diego Novella het Donderdag in die Kaapstad-landdroshof voortgegaan hoewel hy nie in die hof teenwoordig was nie.
Romanza-boek van die week: Kortpad na haar hart
Marna besluit om haar nuwe buurman, Braam, ’n les te leer. Sy wat boerin is, staan terug vir niemand nie … maar toe sy hom die eerste keer sien, weet sy hier is moeilikheid, want haar hart roep na syne.
Man bel glo eksvriendin ná moord op haar ma
ʼn 34-jarige man sal na verwagting Vrydag in die Lydenburg-landdroshof in Mpumalanga verskyn in verband met die moord op sy voormalige vriendin se ma.
Eskom kla DA aan
Eskom het strafregtelike klagte teen die DA aanhangig gemaak.
ANC wil vier strafregtelik vervolg vir ‘rassisme’
Die ANC het hofaansoeke teen vier Suid-Afrikaners ingedien waarin versoek word dat hulle vervolg en beboet moet word vir hul beweerde rassisme.
Gedagte vir die dag: Ontdek God se doel vir jou lewe
God is die bron van alles. Alles bestaan deur sy krag, en alles is op Hom gerig. Aan Hom behoort die heerlikheid vir altyd en altyd. (Romeine 11:36, NLV)