ʼn Duitse vlieërplankryer is gered terwyl lede van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) besig was met die soektog na ʼn vermiste branderplankryer.
Lees meerAlles vir Saterdag 23 Januarie 2016
Polisieman by begrafnis doodgeskiet
ʼn Polisiebeampte wat vir ʼn vermeende moordenaar aangesien is, is Saterdagoggend in Limpopo doodgeskiet.
Skerper ontwikkelingsfokus by Goue Leeus
`n Skerper ontwikkelingsfokus by die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) het tot die instelling van `n Presidentsliga gelei om beter geleenthede te skep.
[Video] Chaos ná verdagte in polisiemotor sterf
Chaos het voor die Arwyp-hospitaal in Kempton Park uitgebreek toe ʼn verdagte in polisie-aanhouding dood is.
Stappers op Tuinroete met panga aangeval
ʼn Man en sy vriendin wat aangeval is terwyl hulle tussen Wildernis en Victoriabaai aan die Suid-Kaapse kus gestap het, het hul ervaring op die tydskrif go! Se Facebook-blad gedeel. WAARSKUWING: Die foto in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.
Meisie (9) glo verkrag
Die polisie in Brits in Noordwes het ʼn man in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ʼn negejarige meisie.
Polisie skiet drie dood
Die polisie in KwaZulu-Natal het drie vermeende motordiewe in Malvern doodgeskiet.
Kruger-herrie: ‘Lank voor apartheid was hy geliefd onder swart én wit’
ʼn Herrie het losgebars nadat ʼn foto van Anchen Dreyer, DA-LP, wat langs ʼn kartonfiguur van Paul Kruger staan, wyd op sosiale media versprei is. Die ANC se reaksie hierop het wyd kritiek ontlok. Die algemeenste argument was dat Kruger allermins ʼn dissipel van apartheid was; inteendeel, Kruger was president lank voor die apartheidsbedeling en was geliefd onder swart én wit.
Goue Leeus gooi lakse klubs uit liga
Die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) het verskeie klubs wat verlede seisoen laks in die nakoming van bepalings in die bond se ligas was uit die Senior Grootuitdaagreeks weggelaat.
Affies-seun deur bus getref: ‘Daar is hoop’
Schalk Viljoen, die gr. 11-leerling aan die Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria wat Vrydagoggend op pad skool toe deur ʼn bus raakgery is, is…
AbaThembu-koning ontvang steeds salaris
Die Oos-Kaapse departement van plaaslike regering en tradisionele sake het bevestig hy is in die proses om Buyelekhaya Dalindyebo, die voormalige AbaThembu-koning, se salaris te staak.
Kongres teen rassisme kom
ʼn Breë nasionale nasiebou-, maatskaplike samehorigheid- en teenrassismekongres word vir 1 Februarie in Johannesburg beplan.
Valke: Booysen-sage nog nie verby
Die Valke gaan die appèlhof nader nadat die hooggeregshof in Durban beslis het daar mag nie teen sy besluit om die skorsing van genl.maj. Johan Booysen om te keer, geappelleer word nie.
‘Skade aan Cliff se reputasie sy eie toedoen’
M-Net gaan Gareth Cliff se dringende aansoek teenstaan en het ʼn beëdigde verklaring ingedien oor hoekom daar besluit is om hom die trekpas te gee as Idols-beoordelaar.
‘Droogte nie nasionale ramp nie’
Die minister van landbou het gesê ondanks reuseverliese van lewende hawe in dele van Suid-Afrika kan die vlak van ondergang nog nie as ʼn nasionale ramp gekategoriseer word nie.
Gedagte vir die dag: Gebruik jou talente om God te verheerlik
As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ’n genadegawe ontvang het, die ander dien. So moet julle God in alles verheerlik. (1 Petrus 4:10-11)