Terwyl ons hier in Suid-Afrika asem ophou oor hoe die Southern Kings in die Superreeks sal sukkel, is daar duidelik in Japan geen benul waarvoor hulle hul ingelaat het met die Sunwolves se deelname aan die reeks nie.
Lees meerAlles vir Sondag 24 Januarie 2016
Oud-liggaamsbouer in Polokwane vermoor
Pikkie Nel (70) het in 1970 saam met Arnold Schwarzenegger aan die Mnr. Heelal-kompetisie deelgeneem. Hy is op 22 Januarie 2016 in Polokwane vermoor.
Denims: Dís waarvoor die klein sakkie gemaak is!
Het jy al ooit gewonder waarom daar ʼn piepklein sakkie op ʼn denimbroek is en waarvoor jy dit kan gebruik?
11 vas oor begrafnis-skietery
Elf persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval by ʼn begrafnis Saterdagoggend in Jane Furse, Limpopo, waartydens ʼn polisiebeampte doodgeskiet is.
Departement bevestig ingewandskoors in Gauteng
Die Gautengse departement van gesondheid het Sondag vier gevalle van ingewandskoors in Johannesburg bevestig.
Vermiste myners oorlede ná brand
Vier werknemers is dood toe ʼn brand by ʼn Implats-platinummyn in Rustenburg, Noordwes, uitgebreek het.
[Foto’s] Uitgespoelde wrakstuk waarskynlik nié deel van MH370
ʼn Groot metaalwrakstuk wat in die suide van Thailand uitgespoel het word ondersoek.
[Video] Jou dogter se eerste afspraak
Elke ouer met ʼn dogter vrees die dag: die eerste keer wat ʼn kêrel aan die voordeur klop, om jou dogter te kom haal.
‘ANC se raspolitiek is gevaarlik’ – Solidariteit
Solidariteit sê hy gaan nie die belediging van Kruger en die kriminalisering van Afrikaners se geskiedenis aanvaar nie. “In ’n debat oor Suid-Afrika moet die ANC se narratief behoorlik uitgedaag word. Solidariteit gaan dit graag doen.”
Minimumlone by klein besighede onder die loep
Die departement van kleinsakeontwikkeling wil vandeesweek met ʼn omvattende konsultasieproses begin om wetgewing en die voorgestelde nasionale minimumloon te ondersoek.
Drie sterf in Thorneville-ongeluk
Drie persone is dood en drie persone is in ʼn kritieke toestand na ʼn trompop botsing op die R56 naby Thornville in KwaZulu-Natal.
SA-vlag het Zuma vervang
ʼn Reusagtige Suid-Afrikaanse vlag pryk nou op die gebou waar ʼn plakkaat met die woorde “Zuma must fall” ‘n bohaai veroorsaak het.
Ikeys waarsku oor verkragtings by Rhodes-gedenkteken
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het personeellede en studente gewaarsku om die Rhodes-gedenkteken te vermy ná twee verkragtings en ʼn kaping in dié gebied.
Kragtoevoer na Benoni herstel
Elektrisiteitstoevoer is na alle gebiede in Benoni herstel ná ʼn brand Vrydagoggend by ʼn kragsubstasie uitgebreek en grootskaalse kragonderbrekings aan die Oos-Rand veroorsaak het.
Gedagte vir die dag: Bou aan jou karakter
Net soos Jesus gely het toe Hy op aarde was, ly ek ook. Die merktekens daarvan is oral aan my lyf te sien. Ja, in my eie liggaam dra ek Christus se lyding en dood heeltyd met my saam. (2 Korintiërs 4:10, Die Boodskap)